Ahmadinejad rig brief van gelukwensing aan Obama

ImagePresident Mahmoud Ahmadinejad het lof ontvang van Iran se opposisiepolitici en erge kritiek van die konserwatiewe elemente nadat hy vir Barack Obama verlede week ‘n gelukwensingsbrief gestuur met sy oorwinning in die Amerikaanse verkiesing.

Konserwatiewe elemente het uit vrees dat hulle aanval moontlike steun vir die opposisie kan bring in Iran se presidensiële verkiesing, vinnig verander van posisie en hulle ondersteuning vir die herverkiesing van president Ahmadinejad uitgespreek.

Die moontlike opponent is voormalige president Mohammad Khatami, die gematigde, wat deur Ahmadinejad in die laaste verkiesings geklop is in 2005.

Vrydag het Obama ‘n openbare reaksie op die brief gelewer in sy eerste naverkiesingsnuuskonferensie, waarin hy gesê het dat hy later die gepasde reaksie daarop sal maak. Hy het wel ook gesê dat Iran se ondersteuning vir terrorisme moet staak, en dat die vermoedelike ontwikkeling van kernwapens deur Iran nie aanvaarbaar is nie.

Saterdag het die opposisiepolitici lof uitgespreek vir Ahmadinejad se uitreikaksie met die brief. Volgens die dagblad, Etemaad, verteenwoordig die brief ‘n billike en vredesoekende beeld van Iran.

Ander koerante, sowel as konserwatiewe lede van die parlement, het Ahmadinejad egter gekritiseer.

Teen Sondag het die kritiek so bietjie afgeplat, met sommige konserwatiewe lede wat ook begin het om die brief se lof te sing.

Ahmadinejad kry egter swaar vanweë die skade wat die Iranse ekonomie gelei het weens hoë inflasie en ‘n skerp daling in die olieprys. Sestig ekonome het in ‘n ope brief aan die president ‘n waarskuwing gerig dat sy vyandige houding teenoor die res van die wêreld die handel in die land nadelig beïnvloed, het koerante Saterdag berig.

Die brief kritiseer die regering dat hulle te veel van die olie-inkomstes spandeer, op beleidsbesluite wat volgens die ekonome die land van buitelandse beleggings ontneem het.

Die brief het verder gesê dat die VN sekuriteitsraad sanksies ingestel het teen Iran as gevolg van Iran se weiering om uraanverryking te staak, ‘n aksie wat gemaak het dat die land reeds miljarde dollars verloor het.     

пневмогайковертtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae