SA, Indië en Brasilië vra meer diplomasie vir Iran

Brasilië, Indië en Suid-Afrika het Donderdag tydens ‘n trilaterale spitsberaad ooreengekom dat meer diplomasie nodig is om die internasionale geskil met Iran oor sy omstrede kernprogram by te lê.  Die ooreenkoms, wat na afloop van ‘n kort vergadering voor die BRIC-beraad in Brasília, aangegaan is, hou by Brasilië se verdediging van Iran en die Suid-Amerikaanse

Lees verder: SA, Indië en Brasilië vra meer diplomasie vir Iran

Opvolgstryd: Die stof het nog nie gaan lê nie

Die opvolgstryd in die ANC woed steeds. Intrige, dubbele agente en verraad is aan die orde van die dag om ‘n opvolger vir Jacob Zuma aan te wys en buitelandse invloed te temper. Die stof het nog nie gaan lê nie… ‘n Paar weke gelede het City Press berig dat die ANC-jeugliga aangehelp is deur

Lees verder: Opvolgstryd: Die stof het nog nie gaan lê nie

Aswolk knip rederye se vlerke

‘n Reuse wolk van as wat tans oor Europa vanaf Ysland versprei het, het die grootste onderbreking van vlugte sedert die 2001 terreuraanvalle veroorsaak. Reisigers op ses kontinente se vlugte is gekanselleer en amptenare sê dit kan dae neem vir die lugruim om weer veilig te wees. Die aswolk is kilometers bo die aarde en

Lees verder: Aswolk knip rederye se vlerke

Rusland sluit laaste wapengraadreaktor

As deel van ‘n ooreenkoms met die VSA, het Rusland sy laaste wapengraadplutoniumreaktor gesluit. Die moontlikheid om bomme te vervaardig is sodoende ingeperk deur die afbou van kernkragsentrales uit die Soviet-era. Die reaktor, die ADE-2, is in 1964 by ‘n geheime aanleg in Siberië opgerig tydens die bewind Nikita Khrusjtsjef. Ná die Koue Oorlog, was

Lees verder: Rusland sluit laaste wapengraadreaktor

Cholera pak Zambië

Zambië worstel met die ergste cholera-krisis in jare, het gesondheidswerkers van dié land gesê. Sedert Maart het meer as 130 mense weens cholera gesterf terwyl sowat 5 000 mense al dié dodelike siekte opgedoen het. Dis glo die hoogste aantal gevalle van cholera wat in ‘n dekade geregistreer is. Volgens dr. Reuben Mbewe, woordvoerder vir

Lees verder: Cholera pak Zambië

Chaos heers toe sokkerkaartjiestelsel vashaak

Chaos het uitgebreek toe die rekenaarstelsel vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi Donderdag oorlaai is met kaartjieverkope en die polisie moes op sekere plekke van traanrook gebruik maak om orde te herstel. Een kaartjiekoper is aan ’n hartaanval dood terwyl hy in die tou by Fifa se kantoor gewag het. Die sokkerskouspel skop 11 Junie af en eindig

Lees verder: Chaos heers toe sokkerkaartjiestelsel vashaak

‘Skiet die boer’ klink weer op

Die omstrede lied “Skiet die boer” is Donderdag deur kongreslede van die National Union of Mineworkers (NUM) gesing ten spyte dat die liedjie verbied is.   Kongreslede van dié mynvakbond, die regering asook verskeie finansiële instellings het ‘n indaba in Johannesburg bygewoon om die probleem met mynwerkers se behuising aan te spreek. Die liedjie is

Lees verder: ‘Skiet die boer’ klink weer op

Terre’Blanche-saak uitgestel tot 10 Mei

Puna Moroko, prokureur van die 28-jarige beskuldige in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak, het Woensdag aan verslaggewers buite die hof gesê dat dit goed gaan met sy kliënt. “Hy is glad nie senuweeagtig nie. Nee, ons het ook geen doodsdreigemente of intimiderende boodskappe ontvang nie. My kliënt het nie ‘n selfoon in die tronk nie en ek

Lees verder: Terre’Blanche-saak uitgestel tot 10 Mei