Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het vandag uitspraak voorbehou in die omvattende hofaansoek wat die Zimbabwiese regering gebring het om te probeer verhoed dat die SAOG-tribunaal se uitspraak ten gunste van Mike Campbell en 78 ander wat in Zimbabwe geboer het, met die hulp van AfriForum in Suid-Afrikaanse howe afgedwing word. Die uitspraak word oor sowat vier
Malema-ondersteuners ingebus
‘n Bus vol ondersteuners van Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het Donderdag by die hof hul opwagting gemaak. Malema word deur die burgerregtegroep, AfriForum, van haatspraak aangekla oor die sing van die woorde “Skiet die Boer” of “awudubhule ibhunu”. “My president, my president, los my president uit,” het een van die ondersteuners geskree. Malema
Vrae oor aanvalsgewere
Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, moet antwoord oor die gebruik van outomatiese aanvalsgewere vir die beskerming van Julius Malema by die Gelykheidshof in Pretoria. Mnr. Pieter Groenewald (LP) woordvoerder van polisie vir die VF Plus het ‘n vraag by die parlement ingedien waarin hy vra of die wapens gelisensieerd is en aan wie
Dubbele standaarde
“Dit is absolute dubbele standaarde van die ANC om te wil besluit watter geskiedenis hulle wil behou en watter geskiedenis hulle nie pas nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê. Dr. Mulder het gereageer op mnr. Mantashe se beswaar teen die konstitusionele hof se beslissing dat Robert McBride wel ‘n moordenaar genoem mag word,
Jeugliga is ‘n bedreiging vir voorspoed
Die grootste enkele bedreiging vir volgehoue ekonomiese voorspoed en vrede in Suid-Afrika, is die Jeugliga van die ANC, sê die VF Plus. Die party het gesê die land het vele uitdagings wat oorkom moet word, waarvan een van die ernstigste is om radikale elemente soos die ANCJL vas te vat. Dit volg op die ANCJL
Haatspraak
Terwyl daar binne die hof druk geredeneer word of die liedjie “Skiet die boere” haatspraak uitmaak of nie, en dit daar heel duidelik word dat daar ‘n geweldige sensitiwiteit bestaan, staan daar buite daardie selfde hof etlike honderde uitdagende ANC-jeugligalede en sing daardie selfde opswepende liedjie met oorgawe en uit volle bors. Maar terwyl Malema
Doodsdreigemente teen GPF in Valhalla
Die CDP is bekommerd dat die arrestasie van mnr. Johan van der Schyff van die Valhalla Gemeenskapspolisiëringsforum en dreigemente om ander lede van die forum te arresteer besig is om in ‘n heksejag te ontaard, aldus mnr. Richard Botha, raadslid van die Christen-Demokratiese Party (CDP) in die Tshwane Metroraad. “Die afgelope Sondagaand het ‘n voorval
ANC kritiseer weer gedrukte media
Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het in Johannesburg aan die media gesê die leierskap van die ANC is bekommerd oor die rol van die media. Die ANC het die media beskuldig daarvan dat hulle die rol van ‘n opposisieparty speel in aanloop tot die munisipale verkiesing op 18 Mei. Mantashe sê veral die
VK, Frankryk op hul eie in Libië
Die Franse minister van verdediging het Dinsdag gekla omdat net Parys en Londen die grootste deel van Navo se militêre operasie teen Moeammar Gaddafi in Libië behartig. “Navo is nie tans daartoe in staat om ons vennote te verplig om deel te neem aan die operasie nie,” het Gerard Longuet aan die Franse parlement gesê.
Fransman wat op Koran urineer voor
‘n Fransman het Maandag in die hof verskyn omdat hy rassehaat aangehits het deur ‘n video op die Internet te plaas van homself wat ‘n Koran verbrand en daarop urineer. Ernesto Rojas Abbate is in Oktober in hegtenis geneem nadat hy ‘n video van homself versprei het waarin hy ‘n duiwelmasker dra, bladsye uit die
