Tshwane se nuwe munisipale bestuurder gaan ‘n beter salaris as enige minister in sy sak steek en dit sluit president Jacob Zuma in. Tshwane het Donderdag op ‘n raadsvergadering ‘n jaarlikse vergoedingspakket van “tussen R2,1 miljoen en R2,7 miljoen” vir Jason Ngobeni, sy nuwe stadsbestuurder, goedgekeur. Lees verder. кардиганы девочки 8 летОлександр Фільчаков прокурор
Malema: ‘Media is behep met my’
Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema het Donderdag gesê die media is obsessief en die werklike weergawe van gebeure word nooit bekend gemaak nie. Die Jeugligaleier is ontstoke oor berigte dat hy homself verryk het dmv die tenderproses en die aanklag wat teen hom gelê is in dié verband. City Press het Malema onlangs
Kosovo smeul
Serwiese polisie en NAVO-troepe beman tans kontrolepunte aan beide kante van die Kosovo-grens om verdere etniese geweld te voorkom nadat ‘n grenspos afgebrand en ‘n polisieman doodgemaak is. “Ons wil ekstremiste van Serwië wat Kosovo wil bereik keer, en ons sal aan internasionale vredesmagte daar hulp verleen op enige manier wat ons kan,” het die
Gautreintonnel vol water
Water wat in ‘n tonnel van die Gautrein in Johannesburg insyfer, sal teen ‘n tempo van ses miljoen liter per dag in die Sandspruitrivier uitgepomp word. Die Gautrein Bestuursagentskap sê die besluit is in samewerking met die Gautengse LUR vir vervoer, Ismail Vadi, geneem. Vadi sê sal gepoog word om die syferwater-probleem tussen Rosebank en
Nie-amptelike tale kry voorkeur bó Afrikaans
Die Vryheidsfront Plus dring daarop aan dat ‘n besprekingsitem in die Mogale City munisipaliteit, rakende ‘n oorspandering van R210 000 op die raad se begroting teruggehou word omdat ‘n raadslid van die ANC me Mangole die raad in ‘n nie-amptelike taal (Pedi) toegespreek het wat deur ‘n groot aantal raadslede nie verstaan word nie, so
Amerikaanse skuldplafon: Partye steek vas
‘n Voorstel deur die Republikeine om die VSA se begrotingstekort in te kort, word deur vertragings en teenkanting belemmer en verhoog die risiko dat Amerika nie sy skuld sal kan delg nie. Leiers van die Republikeinse en Demokratiese Party probeer eenstemmigheid bereik voor die sperdatum van 2 Augustus, wanneer die VSA na verwagting sy leningsperk
Lindley-moordenaars kry lewenslank
Twee van die moordenaars wat die Potgieter-gesin op hul plaas in Lindley vermoor het, is elk drie maal tot lewenslange tronkstraf veroordeel. Tshekolo Letlala (19) en Telleko Seekoei (20) is Donderdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die boer Attie Potgieter, sy vrou, Wilma, en hul tweejarige dogtertjie, Wilmientjie, op 1 Desember
Polisie het Breivik se naam geken voordat hy vasgevat is
Die leier van die Noorse Deltamag, Anders Snortheimsmoen, het Woensdag ontken dat ‘n stukkende boot veroorsaak het dat polisielede laat op die eiland waar Anders Behring Breivik 68 mense doodgeskiet het, aangekom het. Die polisie het sedert die voorval onder sterk kritiek deurgeloop oor waarom dit hulle so lank geneem het om op die toneel
Lees verder: Polisie het Breivik se naam geken voordat hy vasgevat is
Meer as 5 000 buitelandse onderwysers in SA
Daar is meer as 5 400 buitelandse onderwysers wat in openbare skole in Suid-Afrika onderrig gee, het The Times Dinsdag berig. ‘n Totaal van 3 796 is Zimbabwiërs, het syfers wat in Mei van Persal, die regering se rekenaarbetaalstelsel, geneem is, getoon. Sowat 500 onderwysers is van Ghana, 501 van Indië en 90 van Namibië
Rupert en Jeugliga knor vir mekaar
Een van Suid-Afrika se rykste sakemanne, Johann Rupert, sê hy is verbaas dat die ANC die Jeugliga toelaat om aanvalle teen die party te loods. Rupert het Woensdag uit Londen aan BusinessLIVE vertel dat die ANC geweet het dat hy en sy pa nog nooit enige bande met die voormalige Nasionale Party gehad het nie
