Botswana moet Malema van sedisie aankla

Die Vryheidsfront Plus glo dat daar genoeg regsgronde vir die Botswana-regering blyk te wees om Julius Malema en die ANC-jeugliga vir die misdaad, sedisie, te ondersoek en aan te kla na aanleiding van uitsprake wat onlangs deur die organisasie gemaak is waarvolgens hulle ‘n Botswana Command Team wil skep om die Botswana-regering uit die kussings

Lees verder: Botswana moet Malema van sedisie aankla

Nasionalisering gáán gebeur, sê Cosatu-ekonoom

Johannesburg – Nasionalisering gaan gebeur, dit is net die wyse waarop dit geïmplementeer sal word waaroor besluit moet word, het Cosatu Donderdag gesê. “As jy sê sake-ondernemings het behoefte aan sekerheid om beleggings te maak … Dan is (nasionalisering) die sekerheid wat jy nodig het; wat nou bespreek word, is die modelle daarvoor,” het Cosatu

Lees verder: Nasionalisering gáán gebeur, sê Cosatu-ekonoom

Links-radikales bedreig spraakvryheid

Sowel Leopold Scholtz as Amanda Gouws het onlangs in Die Burger ‘n pleidooi vir groter verdraagsaamheid en meer genuanseerde debat gelewer sodat ons nie sonder meer as hetsy “fasciste”, hetsy “bose wittes” uitgeskel word nie. Scholtz meen dat onverdraagsaamheid “van regs” kom, maar die meeste regses in dié land lees die oorwegend linkse koerante en

Lees verder: Links-radikales bedreig spraakvryheid

Vrystaat-landbou sit aanvalle op Afrikanerbond voort

Nadat mnr. Louw Steytler, die president van Vrystaat-landbou gister tydens sy openingstoespraak by die organisasie se jaarlikse kongres ‘n striemende aanval op die Afrikanerbond geloods het, is die rusie tussen die twee organisasies vanmôre oor die lug op RSG voortgesit. Mnr. Dan Kriek, visepresident van Vrystaat-landbou, het met verontwaardiging gereageer op die suggestie dat sy

Lees verder: Vrystaat-landbou sit aanvalle op Afrikanerbond voort

Iranse Rewolusionêre Wag neem presidentskap van OPUL oor

‘n Gewilde senior Iranse bevelvoerder in die Revolusionêre Wag het die presidentskap van die OPUL oorgeneem nadat hy Woensdag Iran se olie-minister geword het. Rostam Ghasemi, hoof van die Khatam al-Anbia militêre en industriële basis, is tans onderhewig aan die VSA, die EU en Australië se sanksies en sy bates is deur die Amerikaanse Tesourie en

Lees verder: Iranse Rewolusionêre Wag neem presidentskap van OPUL oor

‘Mosambiek is veilig’

Die vakbond AgriSaMoz sê Mosambiek se regstelsel en bilaterale ooreenkomste sal daarvoor sorg dat Suid-Afrikaanse boerdery-belange beskerm word, het RSG berig. Grondhervormingsontleders het bekommerd geraak toe daar op ‘n oord in Suid-Afrikaanse besit in die Bilene-gebied van die Gaza-provinsie beslag gelê is. Dirk Hanekom, AgriSaMoz se uitvoerende hoof, het gesê hy is tevrede dat daar

Lees verder: ‘Mosambiek is veilig’

Polisie ontvang berading na skietery by stasie

Lt.kol. Thandi Mkhize, ‘n bevelvoerder van die Rosebank-polisiestasie wat deur ‘n polisieklerk geskiet is, is steeds in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal, het die Gautengse polisie gesê. Volgens lt.kol. Tshisikhawe Ndou kan geen verdere inligting oor haar toestand verskaf word nie. Mkhize is Maandagmiddag ná die skietery per helikopter na die Milpark-hospitaal geneem. Die

Lees verder: Polisie ontvang berading na skietery by stasie

SA koop Swaziland oor

Suid-Afrika het ooreengekom om ‘n lening van R2,5 miljard aan sy buurland Swaziland, wat ‘n finansiële krisis probeer afweer, te maak, het die Reserwebank Woensdag gesê. Woordvoerder Hlengani Mathebula het die ooreenkoms bevestig, maar wou geen besonderhede ivm die lening gee nie. “Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is slegs ‘n fasiliteringsmeganisme,” het hy aan AFP gesê. Pravin

Lees verder: SA koop Swaziland oor

Avusa klap sweep, dank redakteur af

Beeld berig dat Justice Malala, Avusa se uitgewer, van die Sowetan se redakteur ontslae geraak het. Len Maseko was glo met verlof toe ‘n omstrede rubriek gepubliseer is, maar selfs dit kon hom nie red van die toorn van sy Brits-gesinde base nie. “Al was Maseko met verlof in dié tydperk, aanvaar hy die gevolge

Lees verder: Avusa klap sweep, dank redakteur af

Duitsers waarsku Facebook oor koverte data-insameling

Die Hamburgse gesag wat kyk na die beskerming van data, het Dinsdag beslis dat Facebook se gesigsherkenningsfunksie, wat poog om mense in die foto’s wat opgelaai is na die werf te identifiseer, in stryd is met die Duitse wet op privaatheid. Johannes Caspar, die hoof van die owerheid, het gesê dat Facebook nie gebruikers se

Lees verder: Duitsers waarsku Facebook oor koverte data-insameling