Polisie ontvang berading na skietery by stasie

Lt.kol. Thandi Mkhize, ‘n bevelvoerder van die Rosebank-polisiestasie wat deur ‘n polisieklerk geskiet is, is steeds in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal, het die Gautengse polisie gesê.

Volgens lt.kol. Tshisikhawe Ndou kan geen verdere inligting oor haar toestand verskaf word nie.

Mkhize is Maandagmiddag ná die skietery per helikopter na die Milpark-hospitaal geneem.

Die klerk, David Kekana, het Maandag om 15:45 by die Rosebank-polisiestasie in Johannesburg ingestap, na Mkhize se kantoor gegaan en haar geskiet. Hy het ook kapt. Neelavathi Naidu geskiet.

Naidu en Kekana, wat die wapen op homself gerig het, is beide op die toneel dood.

The Star het Woensdag berig dat Naidu twee kinders gehad het. Hulle is elf en nege jaar oud.

Nalline Naidoo, ‘n vriendin van Naidu, het aan die koerant gesê die kaptein se man het drie maande gelede selfmoord gepleeg.

Volgens Ndou kry al die werknemers by die stasie behandeling ná die voorval.

эстетическая стоматологияФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae