Massa se Ferrari het eerste oor die wenstreep gejaag, voor die motor van sy spanmaat Kimi Raikkonen.
Italië se Jarno Trulli in 'n Toyota was derde.
Felipe Massa het vir die eerste keer vanjaar die voortou in die Formule Een-kampioenskap by Magny Cours in Frankryk geneem.
Massa se Ferrari het eerste oor die wenstreep gejaag, voor die motor van sy spanmaat Kimi Raikkonen.
Italië se Jarno Trulli in 'n Toyota was derde.
China het die binnelandse prys van alle energiebronne regdeur die bank aansienlik vandag verhoog. Die aankondiging kom twee dae voor 'n internasionale ru-oliespitsberaad in Saoedie-Arabië.
China het kleinhandelpetrol- en dieselpryse met 18% verhoog in antwoord op stygende wêreldru-oliepryse. Elektrisiteitskoste is ook na bo aangepas.
China verteenwoordig nou die wêreld se vierde grootste ekonomie en is verantwoordelik vir bykans 40% van die toename in wêreldru-oliekonsumpsie.
Prysbeheer in China, wat ook die wêreld se tweede grootste verbruiker van ru-olie na die VSA is, is te blameer vir die distorsie in globale markte wat die afgelope maande reeds in wanorde verkeer.
Een van die leiers van die Beweging vir die bevryding van die Nigerdelta het aangekondig dat sy vegters die Bonga-olieveld meer as 100 kilometer van die land af aangeval het. Maar hulle het nie daarin geslaag om by 'n rekenaarbeheerkamer uit te kom wat hulle wou vernietig nie.
Die guerillagroep het ook beweer dat hulle 'n buitelandse werker van 'n voorradeskip op pad huis toe na die aanval ontvoer het, maar dit kon nie onmiddellik deur ander bronne bevestig word nie.
Gewoonlik is olieproduksie-installasies ter see veiliger as op land in Nigerië waar geweld oor die afgelope twee jaar toegeneem het.
Die onstabiliteit in die suide van Nigerië het reeds veroorsaak dat die land 'n kwart van sy jaarlikse olieproduksie ingeboet het, iets wat die internasionale prys van ru-olie ondersteun.
In die deelstaat Kalifornië, waar pryse oor die algemeen hoog is, het huispryse in Sacramento met 29,2% gedaal en in Riverside met 27,7%. In Las Vegas het huispryse met 20,2% afgeneem en in Phoenix met 15,4%.
Volgens ontleders is dit nog nie die einde van die dalings nie. Van nou af tot Februarie 2009 word verwag dat huispryse met nog 20% kan daal.
Volgens Michele Montas het Ban gesê dat die huidige geweld, intimidasie en arrestasie van opposisieleiers nie versoenbaar met geloofwaardige verkiesings is nie.
Ban het bygevoeg dat indien herdie toestand sou aanhou, die legitimiteit van die verkiesing in die gedrang sou wees.
Die Verenigde State het ook vir verdere druk op Zimbabwe gevra om vrye en regverdige verkiesings te hou. Die minister van buitelandse sake Condoleezza Rice het die VN en Afrikaleiers gemaan om sodanige druk op Zimbabwe toe te pas.
Volgens die Franse koerant Le Monde, begin 'n nuwe rassebewussyn voelbaar in Frankryk raak.
Dis nie net vanweë die snel veranderende demografiese werklikhede van die land nie, maar ook vanweë die waarskynlike Demokratiese kandidaat vir president van Amerika, Barack Obama.
Die artikel in Le Monde van 'n paar dae gelede beskryf hoe Obama die hoop onder swartes in Frankryk laat opvlam. Selfs om die woord noir in Frans, wat swart beteken, te sien was vir hulle verbasend aangesien rasse-identiteite nie in Frankryk ooit genoem word nie.
Die afgelope naweek is 60 motors verbrand en ongeveer 50 mense van kleur het met die polisie en brandweermanne baklei waarvan verskeie beseer is. Die onluste het in die arm swart buurt van Vitry-le-François in die Marne-streek in die noordooste van Frankryk plaasgevind.
'n Kernkragvoorstel deur die vyf permanente lede van die Verenigde Nasies-veiligheidsraad tesame met Duitsland het Sondag geen formele reaksie van Iran ontlok nie.Die Iranese president Magmoed Agmadinedjad, het die voorwaardes verwerp.
Iran sal 'n maand gegee word voordat nuwe EU-sanksies ingestel sal word, wat teen die land se grootste bank, Bank Melli, gerig is. Die VSA mag 'n vlootblokkade van Iranese skepe in die Persiese Golf oorweeg.
Rusland en Sjina staan strenger sanksies teen.
Voortaan sal verbruikers wat op die internet inkopies doen 'n allamintige R420 ekstra vir 'n privaatkoerrierdiens moet betaal.
Volgens die Johannesburgse dagblad Business Day, maak dit Suid-Afrika die muishond van Afrika aangesien gaan ander posdiens op die vasteland deur Amazon op die swartlys geplaas is nie, behalwe Nigerië se standaarddiens. Amazon vertrou egter steeds Nigerië se spoedpos.
Selfs voor die aankondiging het Amazon geweier om waardevolle items deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor te stuur, ook vanweë gereelde diefstal.
Bedieners het gister in duie gestort toe miljoene mense van regoor die wêreld probeer het om die nuwe weergawe van die gratis webblaaier Firefox af te laai.Volgens die makers van die program bevat Firefox 3 wel 15 000 verbeterings en is dit beskikbaar in vyftig tale, waaronder Afrikaans.
Die hoof van Mozilla, die vervaardigers van Firefox, sê dat hulle baie trots op die nuwe program is en dat dit aantoon wat 'n betrokke, energieke globale gemeenskap kan vermag wanneer hulle saamwerk.
Mozilla poog ook om die Guinness-wêreldrekord vir die grootste aantal afgelaaide programme binne 24 uur te verbeter, iets wat die bedieners nie kon hanteer nie. Maar intussen is die probleem opgelos en is die webblaaier beskikbaar by www.getfirefox.com.
Die British International Express berig dat 'n VN-aanbeveling om van die koningin van Engeland ontslae te raak, woede in die Britse paleis veroorsaak het.Die VN-menseregtekommissie sê die Verenigde Koninkryk moet dit oorweeg om 'n referendum te hou oor die wenslikheid, aldan nie, van 'n geskrewe grondwet, verkieslik 'n republikeinse grondwet.
Paleisbeamptes het hul verbasing oor die opmerking uitgespreek.
Hulle sê dat die Britse koningin die fokus van nasionale eenheid, identiteit en trots is.
Die koninklike kommentator Robert Lacy sê die VN-aanbeveling toon 'n volslae gebrek aan begrip vir die Britse stelsel, omdat die parlement te eniger tyd die wet kan verander en die monargie kan afskaf.
'n Referendum is nie nodig om van die koningin ontslae te raak nie.