Die skuif het ru-oliepryse dadelik na benede laat tuimel.
China het kleinhandelpetrol- en dieselpryse met 18% verhoog in antwoord op stygende wêreldru-oliepryse. Elektrisiteitskoste is ook na bo aangepas.
China verteenwoordig nou die wêreld se vierde grootste ekonomie en is verantwoordelik vir bykans 40% van die toename in wêreldru-oliekonsumpsie.
Prysbeheer in China, wat ook die wêreld se tweede grootste verbruiker van ru-olie na die VSA is, is te blameer vir die distorsie in globale markte wat die afgelope maande reeds in wanorde verkeer.
