Die hoofrede hoekom ek Mnr. Zuma geluk sou wens met sy beslissende oorwinning, is nie omdat ek dink hy ʼn goeie president vir die land sal wees nie, ook nie omdat hy die Afrikaner sg. “goedgesind” is nie, maar om ʼn geheel ander rede. Soos ek reeds in my vorige rubriek oor hierdie kwessie, Zuma-Mbeki-tweestryd kan tot konflik lei verduidelik het, hou die Mbeki-Zuma-tweestryd niks goeds in vir die ANC nie.
Vir my was Mbeki se nederlaag so soet soos die Skuimbokke, ag jammer Springbokke, se wêreldbekeroorwinning vir baie Suid-Afrikaners was. Vir ewig is daardie afgerekte depressiewe gesig van Mbeki, asof die planeet se swaartekrag ewe skielik verdriebubbel het, in my verstand ingeëts. Vir Zuma gee ek egter nie ʼn duit om nie en stellig dink ek net so min van hom as van Mbeki. Hy is beslis ʼn korrupte mens wat waarskynlik die beginsels van demokrasie nog swakker begryp as Mbeki. Sy poltieke denke volg waarskynlik tradisionele Afrikadenke, in die trant van: die sterkste man vat alles.

Lees verder: Einde van ANC-hegemonie?