Nkwinti: Grondvraag sal nie deur wysiging in Grondwet opgelos word

Die verandering van die Grondwet is nie die antwoord om Suid-Afrika se grondprobleem op te los nie, het die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinti, gesê. “Daar is druk gesprek oor klousule 25 (3) van die Grondwet … of dit die oplossing vir die grondvraag fasiliteer of frustreer,” het hy in Johannesburg gesê.

Lees verder: Nkwinti: Grondvraag sal nie deur wysiging in Grondwet opgelos word

Bejaarde egpaar oorleef plaasaanval

‘n Bejaarde egpaar is op hul plaas naby Ladysmith in KwaZulu-Natal aangeval, het die polisie in die provinsie Maandag gesê. Volgens kapt. Thulane Zwane het die 79-jarige boer en sy 76-jarige vrou die aanval deur vier mans in hul huis oorleef. Albei word in ‘n plaaslike hospitaal behandel. Volgens Zwane is drie vuurwapens gesteel. Die

Lees verder: Bejaarde egpaar oorleef plaasaanval

ANC: Vat die plase, nie die myne nie

Die ANC Noord-Kaap dink dis piekfyn om grond te vat, maar nie die myne nie. Tydens die party se provinsiale konferensie is die groenskrif oor grondhervorming wat voorstel dat ‘n grondwaardeerder sal bepaal wat billike pryse is, geloof. Maar die konferensie het die grootskaalse nasionalisering van myne verwerp. In ‘n poging om die ontwikkeling in

Lees verder: ANC: Vat die plase, nie die myne nie

Sparbestuurder doodgeskiet

Die bestuurder van Spar in Jukskeipark, Johannesburg, is doodgeskiet, berig Eyewitness News. Hy het in ‘n hospitaal gesterf nadat rowers hom die naweek tydens ‘n gewapende rooftog geskiet het. Volgens die polisie het sewe mans Sondagaand net ná 19:00 die winkel binnegestap en die 50-jarige bestuurder en ‘n kassier aangehou. Die rowers het ‘n onbekende

Lees verder: Sparbestuurder doodgeskiet

Laserligsaak uitgegooi

Die beskuldigdes in die Bloemfonteinse laserlig-saak is Maandagoggend in die stad se landdroshof vrygespreek, het OFM berig. Theunis le Grange (40), Albertus Niewoudt (21) en ‘n tienerseun is daarvan beskuldig dat hulle tydens die ANC se eeufeesvieringe vroeër vanjaar ‘n laserlig in die oë van vlieëniers geskyn het. Die twee se regsverteenwoordiger, Herman van Vuuren,

Lees verder: Laserligsaak uitgegooi

Weste gaan Afrika van slaapsiekte red

‘n Tropiese siekte wat in die brein eet, laat inwoners van Afrika dikwels glo dat hulle aan heksery uitgelewer is. Hoofpyn, koors, en moegheid is die aanvanklike simptome van menslike trypanosomiase, algemeen bekend as slaapsiekte, wat oorgedra word deur die tsetsevlieg en wat in 36 sub-Sahara Afrika-lande voorkom. Die eerste fase van die dikwels dodelike

Lees verder: Weste gaan Afrika van slaapsiekte red

Keniaanse premier se mededinger sterf in heli-ongeluk

Die eerste minister van Kenia, Raila Odinga het die toneel besoek van ‘n helikopterongeluk waarin die land se minister van Binnelandse Veiligheid, George Saitoti dood is. Die ongeluk buite Nairobi het ook die lewens geëis van Saitoti se adjunk en vier ander mense. Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. Odinga

Lees verder: Keniaanse premier se mededinger sterf in heli-ongeluk

ANC-vergadering oor Malema bly geheim

Die ANC wou Sondag nie kommentaar lewer oor berigte dat ‘n geskeduleerde vergadering van die nasionale uitvoerende komitee die lot van die geskorste president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal bespreek nie. “Die agenda van die vergadering is privaat en ons lewer nie kommentaar op koerantberigte nie,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê oor Maandag se

Lees verder: ANC-vergadering oor Malema bly geheim

Obama se kodewoorde

Barack Hussein Obama se nuwe verkiesingslagspreuk “Forward” het ou en noue bande met Marxisme en kommunisme. Dis onwaarskynlik dat dit blote toeval is want Obama maak ‘n gewoonte daarvan om in “kodetaal” met “fellow-travelers” (enersdenkendes) te kommunikeer. Hierdie standpunt kom uit ‘n artikel in die jongste uitgawe van die Amerikaanse finansblad, Economic Policy Journal. Die

Lees verder: Obama se kodewoorde