Sparbestuurder doodgeskiet

Die bestuurder van Spar in Jukskeipark, Johannesburg, is doodgeskiet, berig Eyewitness News. Hy het in ‘n hospitaal gesterf nadat rowers hom die naweek tydens ‘n gewapende rooftog geskiet het.

Volgens die polisie het sewe mans Sondagaand net ná 19:00 die winkel binnegestap en die 50-jarige bestuurder en ‘n kassier aangehou.

Die rowers het ‘n onbekende bedrag geld gebuit.

Balan Muthan, ‘n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het ook ‘n veiligheidswag geskiet voordat hulle in ‘n sekuriteitsvoertuig op die vlug geslaan het. Hy het die aanval oorleef.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae