Polisielede vas vir verkragting

Twee polisiebeamptes, en nog ‘n verdagte is in hegtenis geneem vir verkragting in Nelspoort, het die polisie in die Wes-Kaap Woensdag gesê. Die drie mans, tussen die ouderdomme van 23 en 33, is Dinsdag in hegtenis geneem, het kapt. Malcolm Pojie gesê. Hulle het na bewering vier meisies tussen die ouderdomme van 14 en 18

Lees verder: Polisielede vas vir verkragting

Getuienis oor ET-semen kom

Die plaaswerker Chris Mahlangu sal getuienis lewer oor hoe semen op Eugene Terre’Blanche se geslagsdele gekom het, het sy regsverteenwoordiger Woensdag in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê. “Die is nie die beskuldigde se weergawe dat hulle na Terre’Blanche se huis gegaan het met die bedoeling om hom te vermoor nie,” het Kgomotso Tlouane gesê.

Lees verder: Getuienis oor ET-semen kom

Moordbeskuldigde vrees ET, vra glo polisiehulp

Chris Mahlangu, wat van die moord op Eugene Terre’Blanche beskuldig word, het die polisie voor die moord om hulp genader, het die rondgaande hooggeregshof op Ventersdorp Woensdag gehoor. Mahlangu (28) is weggewys omdat nie een van die polisiebeamptes Terre’Blanche wou konfronteer nie. “Hy het voor die voorval gesê hy het ‘n probleem met die oorledene.

Lees verder: Moordbeskuldigde vrees ET, vra glo polisiehulp

Nuwe kuberaanval dreig

‘n Nuwe rekenaarvirus met “byna identiese dele van die kubersuperwapen Stuxnet is ontdek op rekenaarstelsels in Europa en daar word geglo dat ‘n nuwe Stuxnetaanval kan volg, het ‘n groot Amerikaanse kuberveiligheidsmaatskappy gesê. Stuxnet is ‘n hoogs gesofistikeerde rekenaarwurm wat verlede jaar ontdek is en stelsels op ‘n kernverrykingsaanleg in Iran vernietig het. Op die

Lees verder: Nuwe kuberaanval dreig

Donen-verslag kan politieke opponente uitskakel

President Jacob Zuma het gister onderneem om die Donen-kommissie van ondersoek se vyf-jaar-oue verslag vry te stel. Dit handel oor die Olie-vir-Voedsel-program in Irak, ‘n skuif wat sy teenstanders kan fnuik en sy kanse vir ‘n tweede termyn as ANC-president kan vergemaklik. Dié stap het nou ‘n stokkie gesteek voor die planne van ondersteuners van

Lees verder: Donen-verslag kan politieke opponente uitskakel

Zuma gooi wal teen Tibettaanse beskuldigings

President Jacob Zuma het sy regering se buitelandse beleid verdedig en gesê dit word onafhanklik en in nasionale belang geformuleer. Hy sê buitelandse beleidsbesluite neem in ag wat tot voordeel vir Suid-Afrikaners is, en huishoudelike prioriteite sal bevorder. Die Zuma-administrasie is die afgelope paar weke wyd en skerp gekritiseer omdat die Dalai Lama nie ‘n

Lees verder: Zuma gooi wal teen Tibettaanse beskuldigings

Johannesburg gaan vervalste lisensies ondersoek

Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het Dinsdag ‘n ondersoek geloods na vervalste leerders- en bestuurderslisensies in Johannesburg. “Bedrog en korrupsie sal nie by enige toetssentrum geduld word nie,” het hy in ‘n verklaring gesê. “…Ons sal niks onaangeroer laat met sulke kwessies nie. Dié wat omkoopgeld aanvaar en dié wat dit aanbied sal met

Lees verder: Johannesburg gaan vervalste lisensies ondersoek

Opspraakwekkende getuienis in ET-verhoor

Twee mense wat van die moord op Eugene Terre’Blanche beskuldig word, was daarop uit om hom te vermink, het kapt. Jacobus Rautenbach in die rondgaandehof op Ventersdorp gesê. “Hulle was vasberade om hom te vermink,” het Rautenbach gesê. “Hulle wou hom uitwis.” Rautenbach het gesê die misdaad is polities gemotiveerd en hou verband met die

Lees verder: Opspraakwekkende getuienis in ET-verhoor

New Yorkers steun besetting van Wallstraat

Volgens ‘n peiling wat in New York gedoen is, ondersteun die meeste inwoners van dié stad die Occupy Wall Street-betogings. In protes teen korrupsie en gulsigheid, kampeer betogers die afgelope vyf weke al in Zuccottipark in Manhattan. Dié park is ‘n paar blokke weg van die Word Trade Center, die New York Aandelebeurs en verskeie

Lees verder: New Yorkers steun besetting van Wallstraat