New Yorkers steun besetting van Wallstraat

Volgens ‘n peiling wat in New York gedoen is, ondersteun die meeste inwoners van dié stad die Occupy Wall Street-betogings.

In protes teen korrupsie en gulsigheid, kampeer betogers die afgelope vyf weke al in Zuccottipark in Manhattan.

Dié park is ‘n paar blokke weg van die Word Trade Center, die New York Aandelebeurs en verskeie staatsgeboue af.

Volgens Sienna College, wat die peiling gedoen het, ondersteun 58% van New Yorkers die betogers se saak.

Die betogers glo dat hulle die “99% Amerikaners wat nie meer die 1% se gulsigheid en korrupsie sal duld nie” verteenwoordig.

Slegs 27% van New Yorkers wat aan die peiling deelgeneem het, kritiseer die protesaksie.

‘n Peiling wat by die Quinnipiac Universiteit gedoen is, toon dat 87% van New York se inwoners saamstem met die betoging teen Wall Street.

In beide peilings is dit meer die demokrate as republikeine wat die protesaksie in New York ondersteun.

лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae