Opspraakwekkende getuienis in ET-verhoor

Twee mense wat van die moord op Eugene Terre’Blanche beskuldig word, was daarop uit om hom te vermink, het kapt. Jacobus Rautenbach in die rondgaandehof op Ventersdorp gesê.

“Hulle was vasberade om hom te vermink,” het Rautenbach gesê.

“Hulle wou hom uitwis.”

Rautenbach het gesê die misdaad is polities gemotiveerd en hou verband met die sang van die lied “Skiet die Boer” deur Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga. Die lied is intussen verban.

“Hy [Malema] was in Zimbabwe toe die moord plaasvind, maar hy het die lied gesing en opdragte gegee. Hy het dit in die media geadverteer.”

Chris Mahlangu en ‘n minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche in April verlede jaar vermoor het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.

Eugene Terre’Blanche se broek was oop voor hy aangeval is, volgens ‘n forensiese kenner wat ook getuig het.

“Dikwels sal ‘n persoon met ‘n bietjie van ‘n maag sy gordel en die boonste knoop losmaak [wanneer hy lê],” het lt.kol. Ian van der Nest getuig.

“Wanneer die liggaam op kom, sal die broek oopmaak.”

Dít dui daarop dat Terre’Blanche se broek voor die aanval oop was, omdat sy gordel en ritssluiter oop was.

Bloedkolle is ook op die linkerkant van sy penis gevind.

Chris Mahlangu en ‘n minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche in April verlede jaar vermoor het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.

Van der Nest het in detail getuig oor die bloedvlekke op die mure, gordyne en deur en wat dít oor die misdaad verduidelik.

Hy het getuig dat die bloed in ‘n opwaartse rigting teen die muur beweeg het – ‘n teken dat hy op sy bed gelê het.

“As die persoon regop was, sou die bloed by sy maag afgerol het na die gebied van die denimbroek. Dit is nie gesien nie,” het Van der Nest aan die hof gesê.

Van der Nest het gesê as Terre’Blanche terugbaklei het, sou hy beserings aan sy arms gehad het.

“As die oorledene in ‘n posisie van selfverdediging was, sou sy arms in ‘n uitwaartse rigting wees.”

Die voorwerp wat gebruik is om Terre’Blanche te slaan, is soos ‘n bofbalkolf teen ‘n 90°C-hoek geswaai.

Die matras was deurweek van bloed.

“Baie groot bloedvlekke kan gevisualiseer word,” het Van der Nest gesê met verwysing na bloedvlekke op die muur agter die slaapkamerdeur.

“Dié vlekke is baie groter as impakspatsels. Dit dui daarop dat uitermatige geweld gebruik is.”

Vlekke direk oorkant die kamer se ingang was rond.

“Die deur en die deurraam wys bloed wat in ‘n opwaartse rigting beweeg, wat beteken dat die bron daarvan onder die nek moet wees.”

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae