“Bedrog en korrupsie sal nie by enige toetssentrum geduld word nie,” het hy in ‘n verklaring gesê.
“…Ons sal niks onaangeroer laat met sulke kwessies nie. Dié wat omkoopgeld aanvaar en dié wat dit aanbied sal met die volle mag van die gereg te doen kry.”
‘n Berig in The Star Dinsdag het onthul dat vervalste lisensies by vier van Johannesburg se vyf toetssentrums vir tussen R800 en R4 500 verkoop word.
Dit word hoofsaaklik gereël deur motorwagte en bestuurskole wat saam met eksaminatore van die sentrums werk, het die koerant berig.
Die nasionale departement van vervoer het gesê verskeie beamptes en lede van die publiek is reeds in hegtenis geneem in verband met motor- en bestuurderslisensies in die afgelope jaar.
‘n Provinsiale woordvoerder van die departement, het gesê sommige regeringsbeamptes is ook betrokke by die reël van hierdie lisensies.
“Ons gaan beslis op ‘n onkonvensionele manier moet optree,” het sy gesê.
Sommige toetssentrums kan dalk selfs gesluit word.
“Mense vind gedurig nuwe maniere om die stelsel te klop.
“Dit is ongetwyfeld ‘n probleem vir die departement. Ek gaan dit nie ontken nie.”
