Zuma gooi wal teen Tibettaanse beskuldigings

President Jacob Zuma het sy regering se buitelandse beleid verdedig en gesê dit word onafhanklik en in nasionale belang geformuleer.

Hy sê buitelandse beleidsbesluite neem in ag wat tot voordeel vir Suid-Afrikaners is, en huishoudelike prioriteite sal bevorder.

Die Zuma-administrasie is die afgelope paar weke wyd en skerp gekritiseer omdat die Dalai Lama nie ‘n visum ontvang het om die land te besoek nie.

Sommige waarnemers het sover gegaan om te sê dat China die land se buitelandse beleid bepaal.

Die regering is weer eens oor die Dalai Lama visumdebakel gekritiseer. Die Tibettaanse geestelike leier se verteenwoordiger in die land, Sonam Tenzing, het president Jacob Zuma en die Minister van Internasionale Verhoudinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, daarvan beskuldig dat hulle nie vooraf standpunt ingeneem en ‘n besluit geneem het nie.

Tenzing het die Kaapse Persklub toegespreek. 

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae