Navo tref weer hul bondgenote

Die rebelle in Libië sê hulle troepe het Donderdag onder Navo-lugaanvalle deurgeloop in nóg ‘n klaarblyklike fout. Dié aanvalle het woede ontketen oor die samewerking met dié militêre instansie om die magte van Moeammar Gaddafi te verslaan. Minstens twee rebelle is dood en meer as ‘n dosyn is beseer, het ‘n dokter ná die aanvalle

Lees verder: Navo tref weer hul bondgenote

Lasbrief vir Libiese leier gevra

Die hoofaanklaer van die internasionale strafhof, Luis Moreno-Ocampo, gaan glo ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Libiese leier Muammar Gaddafi, sy seuns en persoonlike assistente, versoek het RSG berig. Die hof sê Libië het beplan om die betogings te beëindig deur burgerlikes te vermoor. Dié planne is beraam nog voordat die opstande in Libië

Lees verder: Lasbrief vir Libiese leier gevra

Man steek homself aan die brand

‘n Man het homself voor ‘n nasionale monument in sentraal-Amsterdam, Nederland, aan die brand gesteek, het polisie en ooggetuies gesê. Foto’s van Woensdagmiddag se dramatiese voorval het sosiale netwerke en webtuistes binne enkele minute gehaal. Een foto het die slagoffer wat op sy rug lê gewys, terwyl omstanders probeer het om die vlamme met hul

Lees verder: Man steek homself aan die brand

World Communion of Reformed Churches dreig Hervormde Kerk af

Die World Communion of Reformed Churches stel ‘n politieke toets in sake apartheid as voorwaarde vir die NHK vir lidmaatskap. Die WCRC laat na om te omskryf wat hulle onder apartheid verstaan. Nóg die WCRC nόg die NHK kan apartheid tot die bevrediging van alle partye omskryf. Beide die WCRC en besluit 54 laat na

Lees verder: World Communion of Reformed Churches dreig Hervormde Kerk af

Van Riebeeck sal nie uitsterf nie

Vandag, vir diegene wat nie weet (of onthou het) nie, is Van Riebeeckdag. Eens op ‘n tyd ‘n vakansiedag. Daar is nou nog ‘n standbeeld van Van Riebeeck in Heerengracht, Kaapstad, wat in 1899 deur Cecil John Rhodes aan die stad geskenk is. In 1952, met die driehonderdjarige viering van Suid-Afrika se totstandkoming, het die

Lees verder: Van Riebeeck sal nie uitsterf nie

PWV-inwoner skiet inbreker dood

‘n Man het ‘n vermeende rower doodgeskiet wat Dinsdag saam met twee medepligtiges by sy huis ingebreek het, het die polisie in Gauteng bekend gemaak. “Die man het die drie verdagtes in sy huis gevind nadat hy vanaf die lughawe teruggekeer het,” het die polisiewoordvoerder, Balan Muthan, gesê. Die inbrekers het die man met ‘n

Lees verder: PWV-inwoner skiet inbreker dood

Keniane dagvaar Verenigde Koninkryk oor marteling

Vyf Keniane beskuldig die Britse regering van marteling tydens ‘n opstand teen die voormalige koloniale moondheid meer as 50 jaar gelede en sal Woensdag getuienis aan die Britse Hooggeregshof lewer, het hul regsverteenwoordigers gesê. Die drie mans en twee vroue sê hulle is aan kastrasie, seksuele misbruik en mishandeling in strafkampe onderwerp en eis nou

Lees verder: Keniane dagvaar Verenigde Koninkryk oor marteling

Praag-onderhoud met Steve Hofmeyr

Wie en wat is Steve Hofmeyr? Herbesinner van identiteit, herontdekker van grondslag, ewige bewonderaar van die lewe, gelowig maar nie bygelowig, lid van die mees dinamiese Afrikastam ooit, effe oorgretig maar nie ongeduldig, taaltrots maar nie puriteins nie en ’n softie in die aangesig van grootsheid, gediggies en melkkos. Wat ek weet, lê in die

Lees verder: Praag-onderhoud met Steve Hofmeyr