Foto’s van Woensdagmiddag se dramatiese voorval het sosiale netwerke en webtuistes binne enkele minute gehaal.
Een foto het die slagoffer wat op sy rug lê gewys, terwyl omstanders probeer het om die vlamme met hul jasse dood te slaan.
Nooddienste het by die Dam-plein opgedaag om die vlamme met water te blus.
‘n Gedeelte van die plein is afgesper terwyl die slagoffer behandeling ontvang het. Hy is daarna na ‘n hospitaal geneem.
“‘n Persoon het homself op die Dam aan die brand gesteek,” het polisie in Amsterdam op Twitter gesê.
Daar is geen onmiddellike inligting oor die man se toestand of sy identiteit beskikbaar nie.
Ooggetuies het aan die Nederlandse nasionale uitsaaier NOS gesê die man het Nederlands met ‘n buitelandse aksent gepraat en dat hy glo geen “politieke motief” gehad het nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.