Lasbrief vir Malema uitgereik

‘n Lasbrief vir die inhegtenisname van Julius Malema is vanoggend uitgereik, het City Press berig. Hy sal na verwagting volgende week in die hof verskyn. Eyewitness News het vroeër in die week berig dat Malema in hegtenis geneem kan word nadat die Valke hul ondersoek afgehandel het. Hy is oor bewerings van korrupsie ondersoek. Данильченко

Lees verder: Lasbrief vir Malema uitgereik

Motlanthe steun Malema se reg om myners toe te spreek

Julius Malema, oud-president van die ANC-jeugliga, het die reg om ontevrede te wees nadat hy verhoed is om mynwerkers by Lonmin se Marikana-myn in die Noordwes toe te spreek, het adj.pres. Kgalema Motlanthe gesê. “Die Handves van Menseregte gee my die reg om nie saam te stem met wat jy sê, maar ek respekteer jou

Lees verder: Motlanthe steun Malema se reg om myners toe te spreek

Bob open Chinese Weermagkollege

President Robert Mugabe se Zanu-PF party het sy strewe om die land te militariseer versterk met die ingebruikneming van ‘n moderne Nasionale Weermag Kollege voor nuwe verkiesings wat na verwagting volgende jaar sal plaasvind. Waarnemers wys daarop dat die skuif ‘n sterk boodskap uitstuur dat die militêre kompleks die kitaar sal slaan by die stembus.

Lees verder: Bob open Chinese Weermagkollege

DA-plan vir oproer in Seshego val plat

Julius Malema het ‘n groep van jong teenstanders in Seshego, sy tuisdorp buite Polokwane, Woensdag uitoorlê. Die groep, onder leiding van Malema se voormalige jeugvriend en nou vyand, Boy Mamabolo, het beplan om die geskorste Jeugliga-leier te verneder toe hy sy stem tydens ‘n tussenverkiesing in wyk 13 wou uitbring. Volgens ingeligte bronne is Mamabolo

Lees verder: DA-plan vir oproer in Seshego val plat

Skrywer moes 12 ure vir hulp wag

Die skrywer Chris Barnard het ure gelê en wag op hulp nadat hy deur swart rowers op sy plaas naby Nelspruit aangeval is. Barnard het aan Beeld gesê: “Dit het gevoel soos ‘n goedkoop fliek, asof jy nie glo wat jy sien nie.” Barnard is Woensdagaand in sy huis aangeval. Die vier aanvallers het die

Lees verder: Skrywer moes 12 ure vir hulp wag

Armoede, ongelykheid ‘tikkende tydbom’

Die “tikkende tydbom” van armoede en ongelykheid het die grootskaalse geweld in die land veroorsaak, het Cosatu gesê. “Die skokkende vlakke van armoede en ongelykheid is die oorsprong van gewelddadige betogings wat ons in beide die werkplekke en gemeenskappe sien,” het Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van die vakbond, gesê. “Dit veroorsaak wat ons ‘n tikkende tydbom

Lees verder: Armoede, ongelykheid ‘tikkende tydbom’

Trek die vleistande!

Die massaslagting van miljoene plaasdiere regoor die wêreld sal na verwagting voedselpryse laat styg tot die hoogste vlakke ooit. Sowel as om verbruikers se sakke te tref, sal die voorspelde 14%-sprong in voedselpryse ook die druk van inflasie verhoog. Boere regoor die wêreld het begin met ‘n grootskaalse slagting van hul troppe vee omdat hulle

Lees verder: Trek die vleistande!

Zuma ontplooi weermag ‘waar dit nodig is’

President Jacob Zuma het die weermag se ontplooiing ter ondersteuning van die polisie in die voorkoming van misdaad en die handhawing van wet en orde in dele van die land bekragtig. Die DA-leier, Helen Zille, het voorheen versoek dat die weermag ontplooi word om misdaad te help bekamp. Die weermagontplooiing sal geld vir die tydperk

Lees verder: Zuma ontplooi weermag ‘waar dit nodig is’

AARTO-uitspraak teleurstellend

Die Vryheidsfront Plus het met teleurstelling kennis geneem van die Konstitusionele Hof se uitspraak waartydens die interdik teen die Gautengse e-tolstelsel opgehef is. “Op ‘n streng interpretasie van die leerstuk van die skeiding van magte het die Konstitusionele Hof waarskynlik ‘n korrekte interpretasie van die reg gegee, maar die eintlike probleem by die afdwing van

Lees verder: AARTO-uitspraak teleurstellend