‘n Lasbrief vir die inhegtenisname van Julius Malema is vanoggend uitgereik, het City Press berig. Hy sal na verwagting volgende week in die hof verskyn.
Eyewitness News het vroeër in die week berig dat Malema in hegtenis geneem kan word nadat die Valke hul ondersoek afgehandel het.
Hy is oor bewerings van korrupsie ondersoek.
