praag.co.za

Zuma ontplooi weermag ‘waar dit nodig is’

Written by

in

President Jacob Zuma het die weermag se ontplooiing ter ondersteuning van die polisie in die voorkoming van misdaad en die handhawing van wet en orde in dele van die land bekragtig.

Die DA-leier, Helen Zille, het voorheen versoek dat die weermag ontplooi word om misdaad te help bekamp.

Die weermagontplooiing sal geld vir die tydperk tussen 14 September 2012 en 31 Januarie 2013, en sal dus oor die feestydperk van krag wees.

Volgens ‘n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is, sluit dit die Marikana-gebied in Noordwes in, asook ander gebiede waar die regering dit nodig mag ag.

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het later aan eNews Channel Africa gesê dit geld ook die Wes-Kaap.

 

 

александр лобановский харьков

Comments

Leave a Reply