Waarnemers wys daarop dat die skuif ‘n sterk boodskap uitstuur dat die militêre kompleks die kitaar sal slaan by die stembus. Mugabe sal na verwagting weer, vir die derde keer, teen mededinger Morgan Tsvangirai van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) na die vorige ontmoetings in 2002 en 2008 te staan kom.
Verlede naweek, het Mugabe amptelik die kollege geopen, gebou deur China teen ‘n koste van $98 miljoen. Dit word beskryf as ‘n “dink-tenk” oor veiligheidskwessies. Hy het gesê dit sal ook gebruik word as ‘n skans teen Westerse lande om die voortsetting van ‘n “regime change” agenda te stuit.
Die kollege sal slegs militêre personeel met die rang van kolonel of kaptein en bo dit toelaat asook ekwivalente hoë range in die geledere van staatsveiligheid, die polisie en gevangenisse.
As deel van die terme van die leningsooreenkoms, sal die lening oor 13 jaar terugbetaal word met die diamante wat deur Chinese maatskappye in die Marange-diamantvelde ontgin word.
Anjin, die Chinese diamant-mynmaatskappy in Marange was vroeër vanjaar betrokke is in ‘n woordestryd met die minister van finansies, Tendai Biti, omdat die Chinese in gebreke bly om ‘n “enkele sent” in belasting te betaal.
Die oprigting van die kollege dui op die voortgesette militarisering van die Zimbabwiese samelewing, maar ook die oorheersing van Chinese belange in die land.
In Junie hierdie jaar het die weermag 10 000 mense gewerf.
