Kongolese bende dreig om veiligheidswagte dood te maak

'n Kongolese bende in die Glenanda-kamp vir slagoffers van etniese geweld in Johannesburg het hul veiligheidswagte gyselaar gehou en gedreig om hulle dood te maak.

Volgens die 38-jarige Theuns de Lange van die Interactive Protection-veiligheidsmaatskappy wat aangestel is om alle kampe in Johannesburg te beskerm, is hy en vyf ander wagte Woensdagaand aangehou en met die dood gedreig deur 'n Kongolese bende van sewe wat met messe gewapen was.

Die gyselaars is later vrygelaat. Die besturende direkteur van Interactive Protection, Nantes Rykaart, het sy kommer oor die Kongolese bende uitgespreek.

Volgens Rykaart weerhou die bendelede bejaardes daarvan om vir kos tou te staan en eis later betaling vir kos van hulle. Die bende hou nie van die veiligheidswagte nie aangesien hulle die kamp van omtrent 2000 mense wil beheer.

подвесной светильник стеклоАлександр Фильчаков

Moslems waarsku ANC

Die Moslem Regsraad het die ANC gewaarsku dat hulle die rampspoedige gevolge van hulle besluit om van die Weskaapse premier Rasool ontslae te raak sal dra in die volgende verkiesing in 2009.

Die ANC se uitvoerende komittee het Rasool afgedank nog voor die einde van sy vyf-jaar termyn.

MRR president Maulana Igsaan Hendricks sê Rasool het 'n onbetwisbare, uitstaande en ongeëwenaarde beroepsrekord.

Hy het bygevoeg dat Rasool stabiliteit en aansien na die provinsie teruggebring het. Hy het ook internasionale verhoudinge bewerkstellig wat ekonomiese groei en beleggings gestimuleer het.

воронеж траверсыпрокурор харьковской области

Staalkartel bestaan in Suid-Afrika

Image

Vanderbijlstaalwerke

Die mededingingskommissie het gister verklaar dat 'n prysvasstellingskartel in die staalnywerheid bestaan.

Die kommissie het 'n korporatiewe aansoek om toeskietlikheid ontvang wat sulke inligting bevat.

Die aansoek is ontvang na klopjagte op Cape Town Iron and Steel Works, Highveld en die Suid-Afrikaanse staalinstituut wat op 19 Junie gehou is.

Volgens die inligting wat deur die toeskietlikheidsapplikant verskaf is, het besprekings en vergaderings plaasgevind waartydens die partye ooreengekom het om pryse vas te stel, pryslyste uit te ruil en kortings vas te stel.

Die kommissie is in besit van inligting wat ook aandui dat partye kliënte toegeken het deur ooreen te kom watter kliënte verskeie langstaalprodukte behoort te ontvang. Verder het die partye sensitiewe handelsinligting met mekaar gedeel.

комплектующие дляОлександр Васильович Фільчаков

FW sien Mandela as grootste Suid-Afrikaner ooit

ImageFW de Klerk het verklaar dat Nelson Mandela die beroemdste Suid-Afrikaner is wat ooit geleef het en wat universeel as een van die grootste figure van die twintigster eeu beskou word.

Hy het verder die 90-jarige vorige president van Suid-Afrika as 'n gebore leier met die nederigheid en grasie van 'n ware natuurlike aristokraat beskry.

In die vroeë negentigerjare was Mandela soms 'n harde, genadelose onderhandelingsvennoot en was hulle verhouding dikwels erg gespanne.

Na sy inhuldiging as president het Mandela egter sy sjarme gebruik om versoening te bevorder en 'n ontluikende multikulturele nasie te skep, volgens De Klerk.

компрессор винтовой илиФильчаков Александр Васильевич

Zim-inflasie by 2,2 miljoen persent

Zimbabwe se inflasie, wat reeds die hoogste ter wêreld is, het 'n nuwe rekord by 2,2 miljoen persent getref.

Die syfer is deur Gideon Gono, die goewerneur van die sentrale bank, aangekondig voor 'n toespraak deur Mugabe waarin dié Brittanje aangeval het.

Mugabe het die voormalige koloniale mag daarvan beskuldig dat sy beheer oor die hulpbronne van Zimbabwe wil oorneem

Inflasie het vir die eerste keer die 1 000 persentvlak in Mei 2006 verbygesteek en het sedertdien omtrent konstant gestyg.

Stedelike gebiede word die ergste geraak met plattelandse gebiede wat aan die ergste uitwerking daarvan ontkom.

освещение для магазина софитыДанильченко Юрий отзывы

Opgevoede Suid-Afrikaners wil padgee

'n Verslag wat deur die regering aangevra is, toon dat bykans 40% van volwasse Suid-Afrikaners nie langer tot die land verbind is nie en dat 29% aktief probeer emigreer of daaraan dink om te emigreer.


Volgens die Mail & Guardian het die bui in die land tussen April 2007 en Julie 2007 na pessimisties verander.

Deelnemers is vanuit alle rassegroepe regoor die land betrek.

Verbintenis tot Suid-Afrika neem af met opvoedingsvlakke en ouderdom.

Onlangse navorsing deur die mediamoniteringsorganisasie, Media Tenor, meen dat Suid-Afrika se reputasie in die buitelandse media ook toenemend negatief raak.

прививочная карталобановский александр интервью

Suid-Afrikaners betaal te veel vir krediet

Die DA sê Statistiek Suid-Afrika het die inflasiekoers met ten minste 2 persent oorskat.

Vanweë die moontlike wanberekeninge moet miljoene Suid-Afrikaners hoër verbandpaaiemente, motorlenings, oortrokke rekeninge en kredietkaartbetalings wat maandeliks honderde, selfs duisende rande werd is, verduur.

Investec se berekeninge in 'n Business Report-artikel het onthul dat Statistiek SA die VPIX-inflasiekoers te hoog gestel het.

Die probleem is veroorsaak deur veranderinge in die berekeningsmetodes vir inflasie te lank uit te stel.

Volgens die DA behoort die statistikus-generaal Pali Lhohla weens herhaalde foute afgedank te word.

люстра купитьФільчаков прокурор

Pretoria se HOP-inwoners briesend

Honderde woedende inwoners van Pretoria se middestad het 'n memorandum aan die burgemeester oorhandig om te vra dat uitsettings uit vervalle munisipale geboue dadelik ophou.

Hulle wil aanbly in die Schubart- en Kruger Park-woonstelle wat opgeknap gaan word ten bedrae van R200 miljoen.

Die ANC het die woonstelle in 1999 aan die Tshwane metro as HOP-behuising oorgedra.

Inwoners sê hulle gaan nie die geboue wat die regering in die grond in verwaarloos het, ontruim nie.

Inwoners het die munisipaliteit 14 dae gegee om te reageer en gewaarsku dat daar chaos agterna gaan wees as hulle nie hulle sin kry nie.

кардиган для девочкиданильченко юрій броніславович

Polisie aanvaar slegs-Engels-beleid

Na die debakel waar die forensies getuienis in 54 sake nooit ontleed is nie as gevolg van dekbriewe in Afrikaans, het die polisiediens aangekondig dat Engels die enigste taal is waarin forensiese versoeke aanvaar word.

 

Dit geskied in weerwil van die elf amptelike tale waarvoor die grondwet voorsiening maak en die twee werkstaal wat van elke staatsdepartement verwag word.

'n Woordvoerder van die polisie, superintendent Leon Engelbrecht, het gesê dat omsendbriewe reeds verlede jaar aan polisielede gestuur is waarin hulle in kennis gestel word van die departement se slegs-Engels-beleid.

Oor die jare het verskeie Afrikaanse organisasies klagtes by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, 'n grondwetlike liggaam gelê, maar regeringsdepartemente hou aan om straffeloos die grondwet te ignoreer.

gambling sites thatФільчаков прокурор

Misdaad maak klein sake dood

Misdaad is besig om 'n verwoestende uitwerking op klein sakeondernemings te hê en toestande is erger in Kaapstad as in Johannesburg of Durban.

In 'n opname wat gister deur die Kleinsakeprojek vrygestel is, is bevind dat 54 persent van klein sake 'n misdaadvoorval oor die afgelope jaar ervaar het. Meer as 'n kwart van respondente het ook gesê dat hulle nie hul eie onderneming sal begin nie omdat hulle geweldsmisdaad vrees.

Volgens die opname voel die meeste eienaars van klein ondernemings onveilig en is hulle pessimisties oor enige vorm van verligting. Meer as twee derdes van dié wat ondervra is, meen dat misdaadvlakke nie oor die volgende jaar gaan daal nie en 'n derde voorsien dat misdaadvlakke gaan styg.

mobile casino free cash no depositДанильченко Юрий Брониславович Харьков