Die redes waarom Zuma gaan bly

Ek het die afgelope tyd bewegings fyn dopgehou rondom ‘n potensiele opvolger as president. Aangesien ek reeds weet dat die de facto president eintlik Jonathan Maximillian Ernest Oppenheimer is en die seremoniële posisie wat Zuma beklee nie saak maak nie, weet ek ook dat van Mandela tot Zuma almal maar moes gaan vra vir die

Lees verder: Die redes waarom Zuma gaan bly

Jy hoef nie van Biff te hou nie, respekteer hom net

Dit was ’n dag van lesse ontvang en van lesse uitgedeel. Vernon Philander het geleer dat krieket nie net ’n  onafgebroke reeks pieke is nie en het in ses aflewerings ’n diep, donker vallei van sy eie ontdek. Die Nieu-Seelanders het van vooraf geleer wat dit van klein brakkies verg om saam met die groot

Lees verder: Jy hoef nie van Biff te hou nie, respekteer hom net

‘n Pil teen rassisme?

‘n Doodgewone hartpil het die ongewone newe-effek om rassisme te bekamp, het ‘n nuwe studie aangedui. Wit vrywilligers wat die beta-blokker gebruik het om pyn op die bors en laerhart te behandel, het op ‘n standaard sielkundige toets van “implisiete” rassistiese houdings beter gedoen. Hulle skyn minder rasbewus te wees op ‘n onbewuste vlak as

Lees verder: ‘n Pil teen rassisme?

Dis ’n Benz, en ja, dit is Kuns

{jathumbnail off} Vertoef ‘n oomblik om saam met my die hoed te lig vir een van die twintigste eeu se uitstaande kunstenaars – Paul Bracq. Dis Bracq, nie Braque nie. Ek het onlangs weereens die uitsonderlike vreugde gehad om een van sy kunswerke vir ‘n paar kosbare oomblikke te sien. Dit was in die Noordelike

Lees verder: Dis ’n Benz, en ja, dit is Kuns

Tutu skerm vir Britse imperialis

Aartsbiskop Desmond Tutu sê politici moet sensitief wees wanneer name van voormalige leiers verander word. Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het reeds in 2010 gevra dat Rhodes Universiteit se naam verander word. Die Cape Times berig dat Tutu gesê het leiers moet almal wat ‘n bydrae tot die demokrasie gemaak het, oorweeg, want niemand

Lees verder: Tutu skerm vir Britse imperialis

Duitse president met vuvu’s uitgeblaas

Die musikale Duitsers herken ‘n wanklank as hulle een hoor. Betogers met vuvuzela’s het met ‘n konstante spervuur ​​van geraas tydens ‘n militêre seremonie Donderdag vir Duitsland se voormalige president, Christian Wulff, wat die amp onder ‘n wolk verlaat het, afskeid geneem. Sowat 250 betogers het met hulle plastiekwalghorings wat tydens die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika

Lees verder: Duitse president met vuvu’s uitgeblaas

SA vra verskoning oor Nigeriese deportasies

Suid-Afrika het Donderdag om verskoning gevra vir ‘n massa-deportasie van Nigeriërs, in ‘n poging om ‘n diplomatieke onderonsie by te lê. Dié kwessie het weer die aandag gevestig op die soms gespanne betrekkinge met die res van die vasteland. “Ons wil nederig om verskoning vra vir hulle, en ons het,” het Suid-Afrika se adjunk-minister van

Lees verder: SA vra verskoning oor Nigeriese deportasies

Geweld by kliniek na wag geskiet is

Drie-en-vyftig mense het Donderdag in die Sekgosese-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met openbare geweld. Hulle is op borgtog van R500 elk vrygelaat en die saak is tot 2 Mei uitgestel, het lt. kol. Ronel Otto gesê. Die 53 is in Sephukubje in hegtenis geneem nadat geweld Sondag by ‘n plaaslike kliniek uitgebreek het. Die

Lees verder: Geweld by kliniek na wag geskiet is

Polisielid dood in Renamo-aanval

‘n Mosambiekse polisiebeampte is Donderdag dood nadat ‘n skietery tussen die polisie en Renamo, die hoofopposisieparty in Mosambiek, uitgebreek het. Sowat 300 voormalige soldate van die opposisie kampeer reeds vir weke buite die Renamo Party se hoofkwartier in Nampula. Hulle sê hulle wag vir opdragte van die Renamo-leier Afonso Dhlakama om met betogings teen die

Lees verder: Polisielid dood in Renamo-aanval