Die Swart Prokureursassosiasie (SPA) het hulle besorgdheid oor die nuutverkose KVP-president Terror Lekota se uitlating oor regstellende aksie uitgespreek en dit as 'n "bedreiging" bestempel. Lekota het gister tydens die party se inlywingskongres gesê die KVP sal verbind bly tot die grondwet en is toegewy aan die beleid van regstellende aksie. Lekota het egter verklaar
Rowers kom weg met luuksevoertuie
Drie gewapende mans het weggekom met twee splinternuwe luuksevoertuie nadat hulle die sekuriteitswagte by die Motorviadepot in Kaalfontein oorrompel het, het Tembisa polisie gesê. Kaptein Munyadziwa Ralidzhiva het gesê die drie rowers het Maandagnag die wagte met wapens aangehou en hulle hande en voete met tou vasgebind. "Hulle het twee karre gesteel – 'n wit
Anglo besnoei uitgawes
Anglo American, een van die wêreld se grootste myngroepe, het sy kapitaaluitgawes vir 2009 met vyftig persent na R45-miljard verminder. Die groep sê hulle het 'n "wydreikende oorsig oor die kapitaaluitgaweprogram" geneem in 'n tyd wat die mynbedryf "'n ongekende tydperk van vinnige dalings in kommoditeitspryse weens wêreldwye ekonomiese onsekerheid beleef." Sulke omstandighede bied geheel
Miljoene gewaarsku teen Internet Explorer n? Chinese bedrie?rs rekenaars daarmee kaap
'n Fout in die wêreld se mees algemene webblaaier, Internet Explorer, is nog nie deur Microsoft reggemaak nie. Miljoene internetgebruikers word bedreig deur 'n fout wat kriminele kan toelaat om persoonlike en bankbesonderhede te kan bekom. 'n Groot fout is ontdek in Microsoft se internet Explorer-webblaaier, wat deur 70% van alle rekenaars gebruik word. Omtrent
Lees verder: Miljoene gewaarsku teen Internet Explorer n? Chinese bedrie?rs rekenaars daarmee kaap
Gauteng-lisensiedepartement staak
Werkers by die Gautengse lisensiekantore het begin met 'n week lange onwettige staking, het die departement van vervoer Dinsdag gesê. Dit is te midde van aantygings dat sekere werkers in diens geneem is sonder dat die regte prosedures gevolg is, het Alfred Nhlapo, die woordvoerder van die departement gesê. "Ons het dit duidelik gemaak dat
Re?n vererger Zim-cholera-epidemie, s? Rooikruis
Die aanvang van die reënseisoen in Zimbabwe het vrese laat toeneem dat die cholera-epidemie in 'n katastrofe kan verander met derduisende wat reeds siek is en die verspreiding van die siekte na die buurlande, het die Rooikruisvereniging gesê. "Ons het reeds 'n baie ernstige situasie op hande en die reëns gaan dit net baie erger maak,"
Lees verder: Re?n vererger Zim-cholera-epidemie, s? Rooikruis
Ontevrede Zimbabwiese soldate dreig met verdere onluste
In tonele wat die regering van president Robert Mugabe geskok het, en spekulasie aangeblaas het dat dié regering se dae getel is, het dosyne soldate op 1 Desember amok gemaak in Harare, uit protes teen die ekonomiese verval in die land. Sommige bystanders het toegekyk, terwyl ander meegedoen het toe junior soldate, wat gefrustreerd was
Lees verder: Ontevrede Zimbabwiese soldate dreig met verdere onluste
Blanke vrou op KVP-bestuur
Sy is net 1,5 meter lank, maar Dinsdag het Lynda Odendaal op die Suid-Afrikaanse politieke toneel verskyn met 'n tentoonstelling van energie. "Ek is nie in die minste geïntimideer deur senior politici nie, omdat ek die belange van die mense op die hart dra," het die ma van vier aan SAPA gesê in 'n onderhoud
Umkhonto-soldate in Bloemfontein vereer
Werkers was Dinsdagoggend besig om 'n podium voor te berei by die Phahameng begraafplaas in Bloemfontein voor die ANC se Heldedagvieringe. Teen 9-uur Dinsdagoggend, met slegs 'n klein handjievol gaste en media teenwoordig, was werkers besig om 'n tent op te slaan vir die gedenkdiens deur lede van Umkhonto we Sizwe (MK). Na verwagting sal
Tiener in hegtenis oor verkragting van 10-jarige dogtertjie
'n Sewentienjarige seun is in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van 'n 10-jarige dogtertjie in Mhluzi naby Middelburg, het Mpumalangapolisie Dinsdag gesê. Superintendent Abie Khoabane het gesê die meisie het teen 14:00 Sondag met haar maat in die straat gespeel. Sy het na die buitetoilet toe gegaan by haar maat se huis toe die
Lees verder: Tiener in hegtenis oor verkragting van 10-jarige dogtertjie
