Staking se gevolge in Diepsloot

DiepslootTwee kinders drentel buite ‘n slaghuis in Diepsloot, ‘n swart woonbuurt noord van Johannesburg, in die hoop dat genoeg vreemdelinge vir hulle munte sal gee sodat hulle aandete kan koop – skyfies en brood.

Percy en Precious is soos die meeste ander mense in die woonbuurt wat niks het om te doen nie. Hulle het gesê die skool is gesluit en tot die staatsamptenare se staking verby is, sal hulle voortgaan om in die strate van die dorp rond te loop.

Die twee het geen idee wat hulle sal doen wanneer hulle “groot” is nie.

Ruimtevaarder, dokter? Nie een verstaan die vraag nie, maar Percy antwoord: “Ons gaan nie meer skool toe nie.”
Vinolia Nyathi, sit langs haar seun Lenmore in hul eenkamer-, eenbed-huis en sê sy is bekommerd.

Kinders verveeld

Lenmore was verlede week by die skool en is deur die man wat “die hek oop- en toesluit” vertel dat hy dalk volgende week sal kan terugkeer. As die staking verby is.

“Ek mis die skool. Ek is verveeld, “sê hy.

Sy ma praag oor haar skoonpa wat Maandag in die Charlotte Maxeke-hospitaal gesterf het.

“Hy het gehoes. Hy het nie behandeling gekry nie, daar was geen verpleegsters nie. “

Hoewel sy niemand blameer nie, is kommentaar van die ander inwoners in Diepsloot vernietigend; hulle beweer die regering moet meer te doen, en amptenare het nie die reg om hulle in die steek te laat nie.

“Die onderwysers staak vandag, maar nog nooit gedurende hul eie dae van skool was daar ‘n staking deur onderwysers nie,” sê Mofokeng Salomo.

“Laat hulle onderhandel. Laat hulle begin dink aan die toekoms van ons kinders…”

‘Stakende verpleegkundiges is moordenaars’

Mofokeng het harde woorde vir die verpleegsters wat staak.

“Mense gaan dood, die verpleegsters is die mense wat hulle doodmaak. Moordenaars,” sê hy terwyl hy drink aan ‘n kwart bier wat by ‘n nabygeleë sjebien gekoop is.

Maar ‘n pa van drie kinders, Tobohaho Mahlangu, sê dit is jammer dat staatsamptenare gedwing word om te staak, en blameer die president.

“As iemand sterf as gevolg van die staking, sterf hy as gevolg van die president. As iemand sterf in die hospitaal, is dit sy skuld.

“Die president moet verstaan ons het vir hom gestem en spyte van al sy bloedige gevalle … die verkragtingverhoor en nou moet hy na ons kyk.”

Bongani Mntembo voel egter die president kan nie aanspreeklik gehou word nie.

“Dit is net jammer dat sommiges moet ly.”

Soos die son oor Diepsloot sak, gooi kinders en moeders balle aan mekaar buite Vinolia Nyathi se huis.

“Ons doen dit heel tyd,” sê een vrou.

“Die kinders is verveeld, so nou doen ons dit nog meer.”

Terwyl die paraffienlampe aangesteek word, hoop Percy en Precious nog vir aandetegeld buite die slaghuis.

lagoon gametopcargo отзыв

Staking met verskuilde agenda?

Dr. Pieter Mulder, leie van die Vryheidsfront Plus, het in ‘n verklaring gesê: “Die dood van weerlose siekes en onskuldige babas as gevolg van die staatsdiensstaking, is die ergste vorm van selfsugtigheid. Dit getuig van uiters onprofessionele gedrag van Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers. ’n Suid-Afrikaanse samelewing wat hierdie tipe voorvalle duld, is ’n samelewing in krisis met baie ernstige morele- en dissiplinêre probleme.

Wat ’n doodgewone staking oor salarisse behoort te wees, is besig om in ’n skande vir alle Suid-Afrikaners te ontwikkel. Geen salarisdispuut regverdig die dood van mense en die vernietiging van jong matrikulante se loopbane nie.

Uit die radikalisme van Cosatu-leiers wil dit al hoe meer voorkom of daar ’n verskuilde agenda agter die staking is. Cosatu-leiers het reeds hulle frustrasies met president Zuma uitgespreek omdat hy nie hulle beleidsrigtings wil volg nie. Na sy verkiesing as president met Cosatu se hulp, het hulle geglo dat hy dit aan hulle verskuldig is. Tot watter mate word onskuldige staatsdienswerkers nou ingespan om die magstryd tussen Cosatu- en ANC-leiers op hierdie wyse te probeer besleg?

Dit is tragies dat die slagoffers van hierdie stryd tans onskuldige babas, weerlose siekes en jeugdige skoolleerlinge is. Die Vryheidsfront Plus eis dat verskuilde agendas opsy geskuif word en dat ’n werkbare oplossing so vinnig as moontlik gevind sal word in belang van almal in Suid-Afrika.”

купить липецк химия для ремонта шинлобановский александр дети

Gauteng stel rekordeksamen uit

Die matriekrekordeksamen in Gauteng sal uitgestel word weens ‘n staking van staatsamptenare, meen ‘n amptenaar vandag.

“Ek kan bevestig dat die eksamen onbepaald uitgestel is,” sê die provinsiale onderwys-woordvoerder, Charles Phahlane.

Hy het gesê hy kon nie meer besonderhede gee nie.

‘n Nasionale staking van staatsamptenare het vandag sy agtste dag betree en veroorsaak ernstige ontwrigting van onderwys en hospitaaldienste.

Die matriekrekordeksamen sou oor twee weke begin het.

Die staking deur onderwysers kan die Departement van Basiese Onderwys dwing om die rekordeksamen uit te stel. Die Vrystaat- en Oos-Kaap-onderwysdepartemente het hulle s’n reeds vertraag.

Rekordeksamens in die Wes-Kaap sal na verwagting by die meeste skole in die provinsie volgende week voortgaan, berig die Cape Times.

download casino games for freeФільчаков прокурор

Vuurwapens, mortiere raak by Weermag weg

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Lindiwe Sisulu, het skriftelik bevestig dat 183 vuurwapens, 5 mortiere en ses vuurpyllanseerders in die weermag gesteel en verlore geraak het sedert 2007. Dit volg in antwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement.

“Dit is uiters kommerwekkend dat outomatiese aanvalsgewere soos R5 en R1 vuurwapens gesteel word in die weermag. Dit is juis hierdie tipe wapens wat veral in transitorooftogte gebruik word, maar ook nou in rooftogte by winkelsentrums en selfs plaasaanvalle. Wat meer kommerwekkend is, is die feit dat vuurpyllanseerders en mortiere ook gesteel en/of verlore geraak het. Dit getuig van swak bestuur en swak dissipline in die beheer van wapens in die SANW. Die minister verklaar dat alle fisiese maatreëls moontlik ingestel is in die weermag, maar steeds word wapens gesteel en raak verlore. Eintlik sê die minister dat sy niks verder kan doen nie, en dit is onaanvaarbaar,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Daar kan met reg gevra word hoekom word vuurpyllanseerders gesteel, want dit word gebruik teen tenks en voertuie. Hoe lank voor die ammunisie ook gesteel word? Die minister wil ook nie kommentaar hierop lewer nie en dit is onaanvaarbaar, aangesien sy die mense van Suid-Afrika ‘n antwoord verskuldig is om te sê wat sy omtrent hierdie situasie gaan doen,” het Groenewald gesê.

Volgens die antwoord van die minister is daar sedert 2007 24 x 9mm pistole, 47x R5 (5,56mm), 87x R1 (7,62mm) en 1x 7,70mm gewere gesteel en of verlore. Vier 60mm en een 81mm mortiere is gesteel en drie 88mm, twee 40mm en een 70mm vuurpyllanseerders is gesteel en of verlore.

потолочные дляданильченко юрий брониславович прокурор

Hospitaalsterftes weens staking

Verskeie hospitaalsterftes is aangemeld aangesien ‘n landswye staking staatsdiensstaking verlede week begin het, maar die owerhede is versigtig om dit te direk aan die massa-aksie te verbind.

The Star-koerant berig Maandag dat drie staatshospitaalpasiënte, wat na private hospitale verskuif is as gevolg van personeeltekorte wat veroorsaak word deur die staking, gesterf het.

Die pasiënte wat na private sorg verskuif is, sluit 53 pasgebore babas van Natalspruit hospitaal in van moeders wat komplikasies tydens kraam ondervind het gedurende, asook skiet- en ongelukslagoffers.

Die Gautengse Departement van Gesondheid het verlede week gesê dat twee babas by die Natalspruit-hospitaal gesterf het.

Die Gautengse gesondheidswoordvoerder Mandla Sidu het gesê hul dood kan nie noodwendig aan die staking gekoppel word nie, maar het bygevoeg dat die babas nie behoorlik gevoed is nie.

“Die babas is vir ‘n lang tyd nie gevoed nie,” het Sidu gesê.

Nog ‘n baba is doodgebore by ‘n staatshospitaal in Mpumalanga verlede week.

The Star berig dat die moeder nie behoorlike gesondheidsorg ontvang het ná komplikasies tydens baring nie.

Nalatigheid

Vandag het die Sowetan-koerant die moeder, Busi Thwala, 28, aangehaal wat meen dat haar baba gesterf het as gevolg van nalatigheid.

“Hulle was besig om te sing terwyl my baba dood is,” sê Thwala.

In ‘n verslag Maandag oor Talk Radio 702 het ‘n inbeller gesê haar broer het in ‘n staatshospitaal in Johannesburg gesterf.

Sy het gesê hy het goed herstel ná ‘n beroerte en is uit die intensiewe sorgeenheid na ‘n algemene saal verplaas.

Sy beweer dat verpleegkundiges haar verlede week geïgnoreer het toe sy hulle daarop gewys het dat sy toestand besig was om te versleg, en hy het later gesterwe.

Beeld berig ook vandag dat ‘n 68-jaar-oue man vir nege ure in sy eie urine  laat lê is by die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese hospitaal.

Hy is uiteindelik na Sandton Medi-Clinic verskuif.

Staatsdiensvakbonde het Woensdag begin staak weens hul eis van ‘n 8,6%-salarisverhoging en R1 000-per-maand-behuisingstoelae ná hul verwerping van die regering se aanbod van ‘n sewepersentverhoging en R700-behuisingstoelae.

пальто детское для девочекАлександр Фильчаков

Betogers brand motor, versper die pad

Stakers in die staatsdiens brand ‘n motor en die Mangosuthu-hoofweg in Umlazi is vanmôre van ‘n barrikade voorsien, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

“Teen ongeveer 01:00 die oggend (Maandag) het ‘n groep betogers by die Prins Mshiyeni-hospitaal in Umlazi ingebars en ‘ n motor verbrand wat aan ‘n werker by die hospitaal behoort,” het luitenant-kolonel Vincent Mdunge gesê.

Hulle het om 05:00 na die Mangosuthu-hoofweg beweeg en die verkeer gehalt wat in en uit die lokasie beweeg.

“Op hierdie stadium is die snelweg gesluit. Die betogers het die pad met ‘n yskas en ou motors geblokkeer. Die polisie was op die toneel en het begin met die verwydering van die versperring,” het hy gesê.

Daar was ‘n skare op die pad. Geen inhegtenisnames is gemaak nie.

Die Kongres van SA Vakverbonde en die Onafhanklike Arbeidskoukus het ‘n week gelede ‘n landswye staking aangekondig ná die verwerping van die regering se aanbod van ‘n sewepersentsalarisverhoging en ‘n R700-per-maand-behuisingstoelae.

Hulle eis ‘n 8,6%-verhoging en R1000-behuisingstoelae.

you playАлександр Фильчаков Васильевич

Blanke vakunie sluit by staking aan

Onderwysers wat aan die hoofsaaklik blanke Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) behoort, gaan aanstaande week by die landwye staatsdiensstaking aansluit, het die unie gister in ‘n verklaring gesê.

“Die SAOU het op hierdie drastiese stap besluit nadat 87% van lede die staat se jongste aanbod van ‘n algemene salarisaanpassing van 7% en ‘n behuisingstoelaag van R700 per maand verwerp het tydens ‘n stemming deur lede,” het die unie gesê.

Die unie, wat onderwysers van die vorige model C-skole insluit, gaan Maandag by die staking aansluit.

Die SAOU het geweld en skade aan eiendom deur ander vakbonde veroordeel.

“Barbaarse optrede soos wat ons oor die afgelope week gesien het, kan nie langer verdra word nie,” lui die verklaring verder.

Die unie het skoolbeheerrade gevra om leerlinge en onderwysers te monitor.

“Indien daar ‘n redelike risiko van intimidasie en beserings bestaan, moet die belange van die leerders en personeel in ag geneem word…,” het die unie gesê en bygevoeg dat skole nie “ten alle koste” moet probeer oop bly nie.

дитячі візочки львівтопкарго

Afrikanerskole ontwrig deur intimidasie

Afrikaanse skole in Johannesburg, wat hoofsaaklike deur blanke Afrikanerkinders bygewoon word, is gister en vandag deur stakende swart onderwysers geïntimideer om nie langer met klasse voort te gaan nie. Vir die eerste keer in die geskiedenis is Afrikaanse skole gesluit verklaar, met onderwysers wat meesal nog op die terrein was maar kinders wat huis toe gestuur is.

Gister is die Laerskool Fairland, Hoërskool Linden, asook Unika-laerskool om veiligheidsredes gesluit verklaar. Vandag is die meeste skole steeds gesluit, met Bryanston Parallelmedium (die vorige Laerskool Bryanston) wat ‘n omsendbrief aan ouers uitgestuur het dat die skool vandag “om veiligheidsredes… voorlopig gesluit word”. Die skool vra dat alle kinders by die huis gehou word en alternatiewe reëlings getref word.

Werkende ouers wie se kinders van die nasorgsentrum gebruik maak, is besonder verontrief en daar was verskeie klagtes.

By die Hoërskool Randburg het klasse gister normaalweg voort, maar hekke is gesluit en alle motors, ook van leerlinge, is binne die skoolterrein geparkeer en die hele skool was op ‘n gereedheidsgrondslag om te reageer in die geval van probleme. Vandag gaan die skoolprogram ook normaalweg voort en die hoof , mnr. Booysen, het geweier dat leerlinge uit vrees eenvoudig “uitteken”.

Radio Sonder Grense berig dat matrieks binnekort hul rekordeksamen skryf. Blykbaar gaan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, met belanghebbendes vergader om moontlik die skoolrooster te hersien.

big bad wolfФильчаков прокуратура харьков

Staatsdienswerkers begin met staking

Staatsdienswerkers het Woensdag met ‘n landswye staking begin om op beter lone aan te dring en sê hulle geduld is besig om op te raak.

“Ons het geduldig probeer om die werkgewer te oortuig om ‘n hersiene aanbod aan te bied,” het Cosatu en die Onafhanklike Arbeidskoukus (ILC) Dinsdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

“Die staking van staatsdiensvakbonde sal voortgaan totdat die werkgewer aan die werknemers se eise voldoen.”

Stakings sal by “al ons werkstasies” plaasvind terwyl massa-optogte regoor die land vir 26 Augustus beplan word.

Nomusa Cembi, woordvoerder vir die South African Democratic Teachers’ Union (Sadtu), het gesê dat meeste van hul 245 000 lede na verwagting aan die staking sal deelneem.

Sadtu het stakende onderwysers aangemoedig om nie ander te intimideer nie ná gerugte van ontwrigtings  van klaskamers in die Vaaldriehoek vroeër vandeesweek.

самовыравнивающиеся смеси купитьtopcargo кидалы

See oor vyftig jaar leeg

Terwyl daar jaarliks nog nuwe soorte koraal, visse en plante in die see ontdek word, meen die Antineastigting dat daar oor 50 jaar dalk nie meer ‘n enkele vis in die see sal swem nie.

Dit is nou as sake aangaan soos nou.

Die see bedek 75 persent van die aardoppervlak, en 80 persent van die lewensvorme kom daarin voor.

Oormatige visvangste, die “plastiese berg” in die see, die toename in nitrate en fosfate in die see, chemiese afvalstorting in die see en klimaatsverandering kan egter veroorsaak dat die see in ‘n algesop verander met ‘n klompie laer diersoorte. Selfs die windkragparke ter see wat nou, ironies ter wille van groen energie opgerig word, kan sekere vissoorte baie negatief raak as dit nie goed beplan en bestuur word nie.

Die navorsers wat dié ondersoek gedoen het is aan boord van die omgeboude Duitse maritieme seilboot, bekend as Fleur de Passion Anitnea. Die ondersoeke is op verskeie plekke gedoen, waaronder die Waddensee, ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Bron: Trouw

free online casinosФильчаков