Tanzani?rs teiken albino’s

Vyf-en-twintig mense met albinisme is sedert Maartmaand in Tanzanië vermoor, volgens 'n BBC-ondersoek.

Die jongste slagoffer was 'n sewemaande-oue baba. Albino's is teikens omdat hul liggaamsdele in toordery gebruik word.

Grafte van vermoorde albino's moet met sement verseël word om diewe te ontmoedig wat die oorblywende liggaamsdele steel en aan toordokters verkoop.

Tanzaniërs glo dat towerdrankies wat van 'n albino se bene, hare, hande en bloed gemaak word, 'n persoon ryk kan maak.

Die Tanzaniese polisie in Dar es Salaam sê dat dit die werk van georganiseerde bendes is.

Albinisme raak een in 20 000 mense wêreldwyd, maar in Tanzanië is die voorkoms veel hoër.

inexpensive wedding hairФільчаков Олександр Васильович

Bush teken doodsvonnis

President George W. Bush het sy toestemming verleen om 'n soldaat tereg te stel wat in die dodesel vir moord en verkragting verkeer.

Dis die eerste soortgelyke stap deur 'n VS-president in meer as 50 jaar.

Soldaat Ronald A. Gray is in 1988 deur 'n militêre hof skuldig bevind en ter dood veroordeel.

Maar die hof vereis die president se handtekening om voort te gaan.

Bush het gister die weermag se formele versoek toegestaan.

Die slagoffers het 'n burgelike en twee lede van die weermag ingesluit.slot freeалександр лобановский класс

Spanje wil buitelanders betaal om te gaan

Die Spaanse regering beplan om werklose immigrante 'n voorskotbetaling aan te bied indien hulle na hul lande van oorsprong terugkeer en onderneem om vir ten minste drie jaar daar te bly.

Spanje sê dat 100 000 immigrante vanuit 19 lande vir die uitkering behoort te kwalifiseer.

Met die oplewing in Spanje se boubedryf wat ten einde loop, verkeer immigrante onder dié wat die meeste ly.

Vele immigrante van Suid-Amerika dink die transaksie is onbillik en sou verkies om te bly en Spaanse werkloosheidsvoordele te ontvang.

Nie alle buitelanders sou vir die maatreël kwalifiseer nie aangesien hul tuislande nie wedersydse ooreenkomste met Spanje het nie.

как самому сделать скважину на участкеФільчаков Олександр Васильович

China op die voorpunt van beleggings in hulpbronryke lande

China is besig om finansiering vir krag- en vervoerinfrastruktuurprojekte in Afrika te verhoog, sê die Wêreldbank.
China se befondsing staan tans op $7 miljard vir 2006 vanaf net $1 miljard tussen 2001 en 2003.

Die meeste van dié beleggings was in Nigerië, Angola, Soedan en Ethiopië.

Hoewel China by verre die grootste is, is die land nie die engste ontluikende ekonomiese moondheid wat infrastruktuurprojekte in Afrika befonds nie.

Indië se Ex-Im-bank en Arabiese ontwikkelingsfondse doen dieselfde.

Chinese projekte sal die totale hidrokragopwekkingsvermoë in Afrika suid van die Sahara met omtrent 30 persent verhoog, het die bank gesê.

jewellery forФильчаков

Russe neem beheer van BP in Rusland

Russiese aandeelhouers het die meerderheidsbeheer van die TNK-BP-gesamentlike  onderneming in Rusland verkry.

BP- logo

BP

Die Britse benoemde uitvoerende beampte, Robert Dudley, moes Rusland verlaat nadat sy visum verlede week verstryk het.

Die aandeelhouers, wat gelei is deur die oligarg Mikhail Fridman, weier nou om Dudley te erken.

Hulle sê dat in sy afwesigheid moet verantwoordelikheid vir die bestuur van die maatskappy tussen die vier oorblywende direkteure verdeel word.

Hulle sluit Viktor Vekselberg in wat ook sakebelange in Suid-Afrika het, asook German Khan.

BP het belowe om al die middele tot sy beskikking te gebruik om die maatskappy se belange en regte te verdedig.

детские велосипеды украинаФильчаков Александр Васильевич

Taiwan wil kulturele erfenisstatus h? vir luglanternfees

Taiwan wil aansoek doen vir wêrelderfenisstatus vir die land se luglanternfees.

Maar dit mag moeilik gaan aangesien die land nie 'n lid van die Verenigde Nasies is nie.

Taiwan wil vir Suid-Korea voorspring alvorens Suid-Korea dit as hul eie kulturele erfenis registreer.

Suid-Korea het in Februarie 'n afvaardiging gestuur om oor die geskiedenis van luglanterns te vra, wat vrese laat ontstaan het dat Suid-Korea voor China of Taiwan vir wêrelderfenisstatus wil aansoek doen.

Die Piengsi-luglanternfees word naby Taipei gehou om vriende en familie voorspoed toe te wens deur goeie wense aan die buitekant van die papierlanterns te skryf.

Tienduisende gloeiende luglanterns word dan in die naglug opgehys.

комплектующие для насосов espaДанильченко Юрий Брониславович

Oeganda se president wil vierde termyn h

Oeganda se president, Yoweri Museveni, gaan probeer om in 2011 'n vierde termyn te verkry wat sy bewind tot 30 jaar sal laat strek.

Hy het belowe om na twee termyne afstand van die presidentskap te doen, maar het nou van gedagte verander.

Daar is toenemende kommer oor Museveni se outokratiese styl.

Kritici vrees dat Museveni net nog 'n Afrikaleier geword het wat verseg om van mag afstand te doen.

Die voormalige rebellevegter het die parlement aangemoedig om perke op die presidensiële termyn voor die 2006-verkiesing af te skaf.

магазин игрыФильчаков

Die grootste milit?re rekenaarkraak

Die grootste militêre rekenaarkraak van alle tye is deur die 42-jarige Gary McKinnon in 2002 vanuit Londen uitgevoer.

Hy word daarvan beskuldig dat hy onwettig toegang tot hoogs geheime Amerikaanse rekenaarstelsels verkry het.

Die IT-spesialis wat homself geleer het, sê hy was bloot besig om te kyk watse inligting die Amerikaanse regering oor vreemde vlieënde voorwerpe gehad het.

Terwyl die Britste polisie dink dat hy ses maande gemeenskapsdiens as straf behoort te kry, neem die Amerikaanse owerheid dit veel ernstiger op.

Hulle het voorgestel dat hy deur 'n militêre tribunaal verhoor word, moontlik by Guantánamo-baai en wil hom steeds uitgelewer sien.

McKinnon verdien sy brood deur 'n vurkhyser te bestuur.

пасты для пломбирования корневых каналовtopcargo кидалы

Japan gooi sy deure oop vir sy bure

ImageJapan is deesdae die tweede mees gewilde plek om te besoek ná Hongkong vir Taiwannese toeriste

Nie alleen Taiwannese nie, maar besoekers van Suid-Korea, China en Hongkong het verlede jaar amper verdubbel van vyf jaar vroeër, volgens die Japannese toerismeorganisasie

In die deftige winkels in die Ginza-distrik van Tokio hou Chineessprekende winkelassistente Chinese note in hul kasregisters.

Die Japannese regering het visumvereistes vir toeriste van Taiwan en Suid-Korea afgeskaf en sien hulle Asiese bure as die belangrikste bydraers tot 'n groeiende toeristebedryf.

Ekonomiese groei in Oos-Asië het die ekonomiese gaping verklein om dit moontlik te maak vir ander Asiërs om nou na die eens peperduur Japan te reis.

Alhoewel Asiese besoekers aan Japan hou van inkopies, het vele ook 'n diep bewondering vir die land. Noudat hulle dit kan bekostig om te reis, wil hulle graag kom kyk hoe lyk die streek se voorloper.

Japan is nie net nommer-een wat hoë tegnologie en mode betref nie, maar ook vir populêre kultuur geniet hulle 'n groot aanhang regoor Asië.

Navorsing toon dat Westerlinge graag kulturele instellings soos tempels besoek, terwyl Asiërs graag fabrieke besigtig, inkopies doen en dan die natuurskoon en warmbronne geniet.

 

мойка оборудованияДанильченко Юрий отзывы

Beperk die gebruik van selfone

ImageDie direkteur van die Pittsburgse kankerinstituut het 'n ongekende waarskuwing aan sy fakulteit en personeel gerig: Beperk selfoongebruik of loop die risiko van kanker.
Sy waarskuwing staan teenoor vele studies wat nie 'n verband tussen breinkanker en selfoongebruik kon vind nie.

Dr. Herberman, die direkteur, sê hy grond sy kommer op ongepubliseerde data.

Hy sê dit neem te lank om antwoorde van die wetenskap te verkry en hy glo mense moet nou optree, veral waar kinders betrokke is.

Hy meen dis 'n geval van eerder bang Jan as dooie Jan.

Die owerhede in Brittanje, Frankryk en Indië het gewaarsku dat mens versigtig moet wees om kinders selfone te laat gebruik.

насосы и насосное оборудованиеОлександр Фільчаков прокурор