Sy waarskuwing staan teenoor vele studies wat nie 'n verband tussen breinkanker en selfoongebruik kon vind nie.
Dr. Herberman, die direkteur, sê hy grond sy kommer op ongepubliseerde data.
Hy sê dit neem te lank om antwoorde van die wetenskap te verkry en hy glo mense moet nou optree, veral waar kinders betrokke is.
Hy meen dis 'n geval van eerder bang Jan as dooie Jan.
Die owerhede in Brittanje, Frankryk en Indië het gewaarsku dat mens versigtig moet wees om kinders selfone te laat gebruik.

Die direkteur van die Pittsburgse kankerinstituut het 'n ongekende waarskuwing aan sy fakulteit en personeel gerig: Beperk selfoongebruik of loop die risiko van kanker.