Tanzani?rs teiken albino’s

Vyf-en-twintig mense met albinisme is sedert Maartmaand in Tanzanië vermoor, volgens 'n BBC-ondersoek.

Die jongste slagoffer was 'n sewemaande-oue baba. Albino's is teikens omdat hul liggaamsdele in toordery gebruik word.

Grafte van vermoorde albino's moet met sement verseël word om diewe te ontmoedig wat die oorblywende liggaamsdele steel en aan toordokters verkoop.

Tanzaniërs glo dat towerdrankies wat van 'n albino se bene, hare, hande en bloed gemaak word, 'n persoon ryk kan maak.

Die Tanzaniese polisie in Dar es Salaam sê dat dit die werk van georganiseerde bendes is.

Albinisme raak een in 20 000 mense wêreldwyd, maar in Tanzanië is die voorkoms veel hoër.

inexpensive wedding hairФільчаков Олександр Васильович