Vir die reënweer

{jathumbnail off} Iets anders vir die koel reënweer. Dit neem nie langer as 20 minute om dié vullende warm slaai vir vier mense aanmekaar te slaan nie. HOENDER EN AARTAPPELSLAAI 500g jong aartappeltjies, in dik skywe gesny1 eetlepel balsamiese asyn3 eetlepels olyfolie100g babaspinasieblare400g of vier gaar hoenderborsies in skywe gesny100g gehalveerde kersietamatiesMetode Kook die aartappelskywe

Lees verder: Vir die reënweer

Patta bedank as nuushoof

Debora Patta het bedank as nuushoof van e.tv. volgens Radio 702. Sy is in 2005 aangestel as hoofnuusredakteur by die televisiestasie, en is sedert die begin van e.tv in 1998 by die uitsaaier. Patta het aan die Universiteit van Kaapstad studeer en haar ondersoekende joernalistiek in die Kaapse plakkerskampe het haar ‘n werk by 702

Lees verder: Patta bedank as nuushoof

Ontkleeklub skenk R20 000 aan Semenya

‘n Ontkleedansklubeienaar gaan R20 000 aan Caster Semenya skenk. Die eienaar het Woensdagaand in ’n verklaring gesê die gebaar is ‘n persoonlike skenking. ‘n Klag is onlangs by die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (ASA) ingedien oor ’n Teazers-advertensiebord in Rivoniarylaan in Sandton. ‘n Goedbedeelde naakte vrou wat op haar rug lê met die woorde “Geen geslagstoetse

Lees verder: Ontkleeklub skenk R20 000 aan Semenya

Wiele van die sanksiebus val af

Ten spyte van sterk vermanings deur Barack Obama en Gordon Brown, is daar geen teken van enige konsensus deur die internasionale gemeenskap om bykomende sanksies teen Iran in te stel nie. Iran het intussen voorbereidings getref teen moontlike sanksies deur diplomatieke afvaardigings na China, Sentraal-Asië en Venezuela te stuur. Hulle het ook gas en petrol

Lees verder: Wiele van die sanksiebus val af

Toesighoudende biskop betrap met kinderporno

‘n Katolieke biskop wat ‘n toesighoudende rol in seksuele aanrandingsake van sy biskopdom gehad het, word daarvan beskuldig dat hy kinderpornografie besit. Biskop Raymond Lahey is in hegtenis geneem ná sy rekenaar toevallig op ‘n lughawe in Ottawa deurgegaan is. Voor sy inhegtenisneming, het die biskop van sy amp bedank, skynbaar oor persoonlike redes. Lahey

Lees verder: Toesighoudende biskop betrap met kinderporno

Plunderaars neem oor in rampgebied

Plunderaars het vir alle praktiese doeleindes vrye teuels in die verwoesde strate van Amerikaans-Samoa se hoofstad. Polisielede is te besig met reddingswerk om aandag te gee aan dié opportunistiese diewe. Ten minste 27 mense is in Amerikaans-Samoa oorlede na ‘n massiewe aardbewing tsoenami’s veroorsaak het wat ganse dorpe in Amerikaans-Samoa, Samoa en Tonga verspoel het.

Lees verder: Plunderaars neem oor in rampgebied

Die melk in jou koffie

Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die buiteland is daar wyd protes aangeteken, toe dit aan die lig gekom het, dat Nestlé melk aankoop by mev Grace Mugabe, vrou van die Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe. Nestlé is een van die grootste en bekendste suiwelverwerkings-maatskappye ter wêreld. Hulle hoofkantoor is gesetel in Switserland. Dit

Lees verder: Die melk in jou koffie

Nog ‘n reuse aardbewing tref Soematra

‘n Reuse-aardbewing van 7.9 op die Richterskaal naby die eiland Soematra, het in die stad Padang groot geboue verwoes en vernietigende brande veroorsaak, het geoloë gesê. “’n Aantal hotelle is vernietig,” het Rahmat Triyono, die hoof van Indonesië se geofisika- en meteorologie-agentskap, gesê. Hy het ook bygevoeg dat sy agentskap nie verantwoordelik is vir die

Lees verder: Nog ‘n reuse aardbewing tref Soematra

Afriforum begin boikotaksie teen Nestlé

Die Afrikaanse burgerregte inisiatief, AfriForum, het ʼn internasionale veldtog begin om mense aan te moedig om alle Nestlé-produkte te boikot, sou Nestlé nie teen 7 Oktober 2009 ʼn besluit neem om die aankoop van melk van Grace Mugabe – vrou van Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe – te staak nie. AfriForum het reeds ʼn webblad, geskep,

Lees verder: Afriforum begin boikotaksie teen Nestlé