Patta bedank as nuushoof

Debora Patta het bedank as nuushoof van e.tv. volgens Radio 702. Sy is in 2005 aangestel as hoofnuusredakteur by die televisiestasie, en is sedert die begin van e.tv in 1998 by die uitsaaier.

Patta het aan die Universiteit van Kaapstad studeer en haar ondersoekende joernalistiek in die Kaapse plakkerskampe het haar ‘n werk by 702 besorg.

Sy is die tweede hoëprofiel-joernalis by dié uitsaaier wat glo nie meer die nuuswerklading kan volhou nie.

Redi Direko het in Mei ook weens ’n groot werklading bedank.

Afrikaners sal Patta onthou vir haar partydige en onprofessionele hantering van kwessies wat Afrikaners raak.

Sy sal egter aanbly as die aanbieder en die uitvoerende vervaardiger van haar weeklikse, veelbekroonde program 3rd Degree.

Patta het, benewens ander toekennings, in Julie 2009 Vodacom se Vroue-in-media-toekenning gewen.

Van haar bekendste onderhoude was met Nelson Mandela, huidige president Jacob Zuma en geskorsde metropolisiehoof Robert McBride

Sy sal voortgaan met haar rol as raadgewer in die nuuskantoor.

 

халатыФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae