Ontkleeklub skenk R20 000 aan Semenya

‘n Ontkleedansklubeienaar gaan R20 000 aan Caster Semenya skenk. Die eienaar het Woensdagaand in ’n verklaring gesê die gebaar is ‘n persoonlike skenking.

‘n Klag is onlangs by die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (ASA) ingedien oor ’n Teazers-advertensiebord in Rivoniarylaan in Sandton.

‘n Goedbedeelde naakte vrou wat op haar rug lê met die woorde “Geen geslagstoetse nodig” oor die plakkaat gedruk, is op die reuse advertensiebord te siene.

Die eienaar het vroeër ontken dat die advertensieveldtog iets met Semenya te make het en gesê dis gemik teen lelike, vet vroue wat hulle mans nie kan bevredig nie.

Volgens die hom was dit ontwerp om te wys dat werknemers van dié ontkleeklub 100% vroulik is.

Hy het egter in sy mees onlangse verklaring gesê dat hy vir Semenya R20 000 gaan gee omdat sy by die omstredenheid rondom die advertensiebord betrek is.

“Ons het besluit om aan Caster Semenya R20 000 te skenk omdat die publiek haar betrek het by die negatiewe publisiteit,” het die verklaring gelui.

Sy sal die geskenk kry “omdat sy een van Suid-Afrika se beste vroueatlete is.”

“Hierdie advertensie is nie geskep met Caster in gedagte nie. Weens Atletiek Suid-Afrika se leuens is die kwessie egter na die voorgrond gebring,” lees die verklaring.

Dit is reeds bekend dat Semenya ‘n hermafrodiet is.

 

система брекетовОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae