‘n Katolieke biskop wat ‘n toesighoudende rol in seksuele aanrandingsake van sy biskopdom gehad het, word daarvan beskuldig dat hy kinderpornografie besit.
Biskop Raymond Lahey is in hegtenis geneem ná sy rekenaar toevallig op ‘n lughawe in Ottawa deurgegaan is.
Voor sy inhegtenisneming, het die biskop van sy amp bedank, skynbaar oor persoonlike redes.
Lahey het onlangs toesig gehou oor ‘n skikkingsaak van omtrent R98 miljoen van mense wat sedert die 1950’s, deur priesters gemolesteer is.
