Plunderaars neem oor in rampgebied

Plunderaars het vir alle praktiese doeleindes vrye teuels in die verwoesde strate van Amerikaans-Samoa se hoofstad.

Polisielede is te besig met reddingswerk om aandag te gee aan dié opportunistiese diewe.

Ten minste 27 mense is in Amerikaans-Samoa oorlede na ‘n massiewe aardbewing tsoenami’s veroorsaak het wat ganse dorpe in Amerikaans-Samoa, Samoa en Tonga verspoel het.

Altesaam, is daar al 118 mense op die eilande dood.

Talle mense word egter nog vermis en die dodetal sal na verwagtinge verder styg.

Meer as ‘n duisend mense is tans dakloos weens die ramp.

Pago Pago, hoofstad van Amerikaans-Samoa, is die ergste getref en talle grondvloer besighede is deur die watergolf beskadig.

Plunderaars maak gebruik van die chaos vir eie gewin.

Betty Ahsoon, woordvoerder vir sekuriteit, sê plunderaars is ‘n groot probleem, maar die polisie se eerste prioriteit is tans om mense te probeer help.

Op die stadium is dit belangrik om skoon drinkwater en elektrisiteit aan mense in die oostelik dele van die eiland te herstel.

 

arduino освещение лестницыАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae