Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gister bekendgemaak dat afgetrede rekenmeesters en inligtingstegnologiedeskundiges die Departement van Binnelandse Sake gaan bystaan om die huidige chaotiese situasie te probeer beredder.
Dit volg op bevindinge van ’n taakspan beamptes van die Staatsdienskommissie en ander staatsinstellings wat bevind het dat die departement “ernstige bestuursprobleme” ondervind. Die bestuur van menslike hulpbronne is uitgesonder as een van die ernstigste kwessies waarmee Binnelandse Sake tans worstel. “Ons moet die hele departement herstruktureer,” het Mapisa-Nqakula gister tydens haar perskonferensie gesê. Daar is tans geen direkteur-generaal wat die departement bestuur nie. Volgens die minister gaan sy poog om die posisie voor die einde van Mei te vul. Die volledige verslag van die taakgroep sal eers aan die media beskikbaar gestel word nadat die parlementêre komitee vir Binnelandse Sake die bevindinge volgende week bespreek het.

Onlangs skryf Rod Liddle ‘n sin in die Britse Spectator wat hom in Suid-Afrika sekerlik die attensies van Jody Kollapen se Menseregtekommissie op die hals sou gehaal het: “Waarom skiet swart mense mekaar heeltyd dood? En is daar enigiets wat die res van ons aan die situasie kan doen of behoort ons hulle maar net te los?”