Die ANC-jeugliga wil swart Suid-Afrikaners mobiliseer om hul Nedbankrekeninge toe te maak indien die banke in gebreke bly om die borgskap wat dit onlangs van Atletiek Suid-Afrika onttrek het, weer in te stel, het die liga se president Julius Malema Maandag gesê. “Toe ons Nedbank se senior bestuurders gebel het om die saak met hulle
Zim-dollar gaan nie gou terugkeer
Zimbabwe se minister van finansies, Tendai Biti, het gedreig om te bedank as hy gevra sou word om die Zim-dollar, wat nie meer gebruik word nie ten einde verdere hiperinflasie te keer, weer te sirkuleer. “As iemand my sou vra om die Zim-dollar terug te bring, sal daar ‘n vakante pos op die sesde verdieping
Johannesburg sonder water
Verskeie gebiede in Johannesburg sal dié week sonder water wees as gevolg van werk om waterinfrastruktuur te verbeter, het Johannesburg Water Maandag gesê. Die gebiede wat geraak word is Northcliff, Parkmore, Gallo Manor en Randburg. Die watertoevoer na Northcliff se Lucky- en Joseph-laan sal op Dinsdag tussen 09:00 en 15:00 afgesny word. Dieselfde sal Woensdag
Nog diensleweringsgeweld
Ses mense is in Palm Ridge naby Katlehong in hegtenis geneem tydens ‘n protesaksie oor swak dienslewering in dié gebied. Volgens sersant Obakeng Tsomane van die Suid-Afrikaanse polisiediens het inwoners net ná middernag begin betoog teen die gebrek aan elektrisiteit, toilette en water. Hulle het klippe en brandende bande gebruik om paaie te versper. Tsomane
Hoe nou?
{jathumbnail off} шнековая буровая установкаФильчаков прокуратура харьков
Vrolike Maandag!
{jathumbnail off} Met hierdie prettige slaai is daar niks blou aan Maandag nie. Neem ‘n balletjie mozzarellakaas en sny in skywe en was ‘n vars tamatie en sny in ewe dik skywe vir elke tafelgenoot. Plaas die skywe opmekaar en wissel af met vars basiliekruidblaartjies. Bedrup met olyfolie en strooi ‘n bietjie growwe sout daaroor.
Koerant onthul rede vir sluiting van VSA-kantore
Die Sunday Tribune het onthul dat die sluiting van Amerikaanse regeringskantore in Suid-Afrika te wyte was aan dreigemente van ‘n groep Somaliese terroriste. Die VSA het selfoongesprekke afgeluister waarin gedetailleerde aanvalsplanne teen Amerikaanse belange bespreek is. Dit is nie duidelik of ‘n besoek van president Barack Obama vir die amptelike opening van die Wêreldbekersokkertoernooi ook
Lees verder: Koerant onthul rede vir sluiting van VSA-kantore
SA se tronke kan ‘ineenstort’
Oorbevolkte Suid-Afrikaanse tronke is by die punt dat die “hele infrastruktuur so oorlaai is dat dit inmekaar kan stort”. Die land se tronke is ontwerp om net 114 000 gevangenes te hou, maar moet tans 160 000 hou, met 500 000 mense wat boonop jaarliks deur die tronkstelsel beweeg. Elke gevangene kos die staat R72
Nog ‘n Suid-Afrikaner vra asiel
Nog ‘n wit Suid-Afrikaner sê haar lewe sal in gevaar wees danksy rassediskriminasie indien sy na Suid-Afrika teruggestuur word. Dianne Louise Jefferson (22), wat by Boston Scientific in Galway, waar sy woon, werksaam is, het in Dublin se hoërhof aansoek gedoen om in Ierland te mag bly. Regter Elizabeth Dunne het ‘n interimmaatreël waarvolgens Jefferson
Madagaskar wys nuwe premier aan
Madagaskar se regering het ‘n nuwe eerste minister ingehuldig en die feit dat die voormalige eerste minister geweier het om uit te tree, geïgnoreer. Lede van die oorgangsregering het laat Saterdag ontmoet om Eugene Mangalaza te bevestig. Hy is Dinsdag aangestel deur bemiddelaars wat op ‘n magsdelingsooreenkoms besluit het ná ‘n staatsgreep daar. Uitgaande eerste
