Berlyn is glo woedend nadat berigte die rondte begin doen het dat Duitsland se Federale regeringsbank, KfW, 420 miljoen dollar aan Lehman Brothers oorhandig het net ure voordat die beleggingsbank gevou het en het 'n ondersoek na die beweringe gelas.
Lees verder: Berlyn woedend na uitbetaling aan bankrot Lehman

Die houding van die aandeelhouers van die Reserwe Bank by die 88ste algemene jaarvergadering was rassisties sê Tito Mboweni. Mboweni het aan Mario Pretorius gesê dat hy nie sal toelaat dat Pretorius met hom praat soos wat wittes in die verlede met swartes gepraat het nie.
Die gesondheidsdepartement het Woensdag die media daarvan beskuldig dat dit die verkeerde indruk skep dat die land se openbare gesondheidstelsel in 'n warboel verkeer.