‘Milit?re toerusting nutteloos weens personeeltekort’

Image

Cheetah – nie meer in gebruik nie

Die Minister van Verdediging Mosioa Lekota het Woensdag vier Gripen-vegvliegtuie by die Ysterplaatlugmagbasis naby Kaapstad in ontvangs geneem. Die stralers wat op die eerste dag van die Afrikalugruim- en verdedigingsuitstalling op die lugmagbasis afgelewer is, is deel van die 26 wat onder die multimiljarddollarwapentransaksie aangekoop is.

Lekota het aan die SAUK gesê die ingebruikneming van die vegvliegtuie is daarop gemik om die Nasionale Weermag se tegnologie te bevorder. Hy het bewerings ontken dat daar nie weermagpersoneel beskikbaar is om die vegvliegtuie te beman nie.

Intussen sê die Demokratiese Alliansie militêre toerusting wat as deel van die wapentransaksie aangekoop is, lê nutteloos weens die tekort aan opgeleide personeel. DA-woordvoerder Rafeek Shah sê duikbote en ander militêre toerusting wat aangekoop is as deel van die R49-miljardwapenaankooppakket word nie ten volle benut nie.

"Dit is duidelik dat die Vloot en die Lugmag onbevoeg is om die toerusting wat teen groot koste aangekoop is behoorlik te gebruik weens gebrek aan vaardighede," het Shah gesê.

Die Lugmag ondervind soortgelyke probleme. 'n Voorbeeld is dat die Lugmag net twee Gripen-vliegtuie in Suid-Afrika het en dat nie een van hulle operasioneel is nie. Dit laat Suid-Afrika sonder vegterskapasiteit om sy lugruim te verdedig omdat die ouer Cheetahs afgeskryf is.

Shah sê meeste van die toerusting wat aangekoop is, is nóg geskik om in Suid-Afrika se plaaslike behoeftes te voorsien, nóg vir sy vredesrol regoor Afrika.

уличные консольные светодиодные светильники на столбы ценатопкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae