Zille krabbel terug oor ‘vlugtelinge’

DA-leier, Helen Zille het teruggekrabbel oor haar “vlugteling”-uitspraak nadat haar volgehoue “eurosentriese” vertolking van die term te veel swartes ontstel het. Lukhona Mnguni, ‘n jeugaktivis, het haar intussen by die Menseregtekommissie gaan aankla omdat haar twiet “grondwetlike demokrasie ondermyn”. Hy het gesê haar opmerking klink asof sy meen hierdie mense het nie dienste en ondersteuning

Lees verder: Zille krabbel terug oor ‘vlugtelinge’

VSA-vegvliegtuig ploeg in geboue

‘n F-18 Hornetstraler van die Amerikaanse vloot het Vrydag in ‘n woonstelblok in Virginia Beach in die Amerikaanse deelstaat Virginia vasgevlieg en ‘n brand veroorsaak, het die Amerikaanse media berig. Nooddienste het na die toneel gehaas. Die brand kon erger gewees het, sê kenners, as die bemanning nie betyds van die vliegtuigbrandstof ontslae geraak het

Lees verder: VSA-vegvliegtuig ploeg in geboue

Malema se ondersteuners krimp

Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het ‘n gemeente in Butterworth in die Oos-Kaap by ‘n Goeie Vrydag-diens toegespreek, volgens ‘n berig. Dít kom nadat hy deur die ANC verbied is om in die openbaar te praat, na sy skorsing uit die ANC. “Ek sal nooit stilgemaak word nie. Daar is niemand wat

Lees verder: Malema se ondersteuners krimp

Withuisraadgewers ontmoet Moslembroederskap

Withuisamptenare het in gesprek getree met verteenwoordigers van die Moslem-Broederskap in Washington hierdie week nadat die Islamitiese groep tot Egipte se presidensiële verkiesing toegetree het. Die vergadering Dinsdag met verteenwoordigers van die Nasionale Veiligheidsraad is deel van ‘n reeks Amerikaanse pogings om bande met nuwe en opkomende politieke partye na Egipte se rewolusie verlede jaar

Lees verder: Withuisraadgewers ontmoet Moslembroederskap

Viëtnam die sentrum vir renosterhoring

Viëtnam het so ‘n obsessie met die vingernael-agtige stof, renosterhoring, dat dit nou verkoop vir meer as kokaïen. Gebruikers beweer dat dit alles genees van hoofpyne tot kanker. Kenners sê Viëtnam se skerp styging in die vraag is ‘n bedreiging vir die wêreld se oorblywende renosterbevolking. Onwettige renostersterftes in Afrika het die hoogste aangetekende vlak

Lees verder: Viëtnam die sentrum vir renosterhoring

Nuwe wet oor fronte deur SAKP verwelkom

Die SAKP het die Wysigingswetsontwerp oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) , wat die toewys van ‘n spesiale kommissaris behels om ondersoeke te doen na voorvalle van fronte, verwelkom. “Die SAKP dring daarop aan die regering met die nodige haas bepalings in die wet wat dit moontlik maak om fronte te kriminaliseer, finaliseer,” het woordvoerder

Lees verder: Nuwe wet oor fronte deur SAKP verwelkom

Angola: 10 jaar ná oorlog

Angola het die 10de herdenking van die einde van sy drie-dekadelange burgeroorlog Woensdag gevier toe president Jose Eduardo dos Santos ‘n monument naby die plek waar ‘n rebelleleier vermoor is, onthul het. Die 27-jarige oorlog was een van die langste in Afrika en Dos Santos was vol lof vir die land se prestasies sedert ‘n

Lees verder: Angola: 10 jaar ná oorlog

ANC skors Malema tydelik

Geen ANC-lid is groter as die organisasie se grondwet nie, het die party Woensdag gesê ter verwelkoming van Julius Malema se nuutste skorsing. “Ons verwelkom en respekteer die besluit soos met al die besluite deur die grondwetlike strukture van die ANC,” het woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê. Woensdag het die African National Congress

Lees verder: ANC skors Malema tydelik

ANC trek laer

Diegene wat gehoop het Malema se onlangse uitsprake verteenwoordig ‘n spelbreker, moes gister teleurgesteld omdraai. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag by ‘n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg die ses topleiers van die party ook geleentheid gegee om vrae oor Julius Malema, jeugligaleier, se optrede te beantwoord. Die ANC wou eenheid in die

Lees verder: ANC trek laer

Swart en bruin moet ‘integreer’ in Grabouw

‘n Gemeenskapsleier in Grabouw dreig met betogings omdat die Wes-Kaapse departement van onderwys mobiele klaskamers op ‘n ongeskikte terrein wil oprig, is Woensdag berig. John Michels, voorsitter van die Elgin Grabouw Civic Organasation, het aan die Cape Times gesê hy het nie ‘n goedkeuringsvorm vir ‘n omgewingsimpakstudie by die terrein gesien nie. Daar is vleilande

Lees verder: Swart en bruin moet ‘integreer’ in Grabouw