Geen ANC-lid is groter as die organisasie se grondwet nie, het die party Woensdag gesê ter verwelkoming van Julius Malema se nuutste skorsing. “Ons verwelkom en respekteer die besluit soos met al die besluite deur die grondwetlike strukture van die ANC,” het woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.
Woensdag het die African National Congress se nasionale dissiplinêre komitee (NDK) aangekondig dat die ANC-jeugliga president Julius Malema tydelik geskors is uit die party weens aanklagte wat verband hou met kommentaar wat hy gemaak het Vrydag.
“Die besluit van die NDK is uit die grondwet van die ANC, artikel 25,12 (c), wat die NDK en die nasionale werkkomitee onder buitengewone omstandighede in staat stel om ‘n lid van die ANC om tydelik te skors met die oog op ‘n ondersoek,” het Mthembu gesê. Malema se ANC-lidmaatskap is met onmiddellike effek opgeskort.
Vrydag het Malema, Zuma ‘n diktator genoem en hom beskuldig dat hy die ANC-jeugliga onderdruk. “Na deeglike oorweging, is die NDK oortuig dat hierdie uitlating ‘n baie ernstige oortreding van die ANC-grondwet is en dat die instelling geoorloof is om dissiplinêre optrede soos uiteengesit in die ANC-grondwet van stapel te stuur,” het die die NDK-voorsitter, Derek Hanekom, in ‘n verklaring gesê. “Die NDK het tot die gevolgtrekking gekom dat so ‘n uitlating die ANC in diskrediet kan bring.”
Malema is Woensdagoggend van sy onmiddellike tydelike skorsing en dissiplinêre stappe teen hom ingestel, in kennis gestel. Malema sal voortaan nie toegelaat word om sy pligte uit te oefen as ‘n ANC-lid, as president van die ANC-jeugliga, of ‘n lid van die die Limpopo ANC se provinsiale uitvoerende komitee nie, sê Hanekom.
“Hy sal nie ‘n vergadering van die ANC of enige van sy strukture, insluitend die ligas, kan bywoon nie behalwe vir die doel van die NDKA [nasionale dissiplinêre komitee van appèl] se verhoor.” Malema sal nie toegelaat word om ‘n ANC- of ANC-jeugliga-vergadering toe te spreek nie.
“Hy sal nie ‘n openbare verklaring oor enige saak wat betrekking het op die ANC kan maak nie,” sê Hanekom. SAUK-nuus het berig dat Malema die ANC ‘n ultimatum gegee het om hom toe te laat om weer in die openbaar te praat.
