‘n Aardbewing wat volgens CNN 8.9 gemeet het, het die noordooste van Japan getref, het die meteorologiese agentskap gesê. Die agentskap het kort ná die aardbewing ‘n tsoenami-waarskuwing uitgereik, waarna ‘n golf die kus getref het. AP berig dat ‘n tsoenami-waarskuwing vir Japan, Rusland, Marcus-eiland en die noordelike Marianas-eilande uitgereik is. Plekke soos Guam, Taiwan,
AU verwerp ingryping in Libië
Die Afrika-Unie het militêre ingryping in Libië verwerp om die geweld tussen rebelle en magte lojaal aan Moeammar Gaddafi te beëindig. Die aankondiging volg na die ministers van verdediging van NAVO se vergadering in Brussel ‘n besluit uitgestel het, oor ‘n vliegverbod in Libië se lugruim. Die AU wou nie kommentaar lewer op Frankryk se
Julias en logika
хамама мозаикойАлександр Фильчаков Васильевич
Wat van Alexkor?
“Die staat se diamant-mynmaatskappy is effektief bankrot. Indien mens ooit ‘n bewys wou hê wat met ons land se myne sou gebeur indien dit genasionaliseer word, hoef mens net na die Alexkor-fiasko te kyk,” het adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor Mineralebronne gesê. Volgens die Ouditeur-Generaal se Oudit Uitkomste Verslag vir
Potensiaal vir konflik in Golf neem toe
Saoedi-polisie het na berig word honderde betogers op 10 Maart by ‘n saamtrekpunt in die Sjiïtiese stad van Qatif in Saoedi-Arabië se olie-ryk Oostelike Provinsie met skokgranate en geweervuur uitmekaargejaag. Die besluit om die geweld in te span, kom ‘n dag voor Vrydaggebede, waarna verskeie Saoedi-opposisiegroepe van plan was om die strate in te vaar.
Kondig ‘n noodtoestand af
“Die werklike oorsake van moorde in die Kameeldrift omgewing word-misgekyk,” was die reaksie van mnr. Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng, nadat dit bekend geword het dat die skilder Cornelius Bosch se verbrande lyk Maandag in ‘n veld langs die Zambesirylaan in die noorde van Pretoria gevind is. “Die regering behoort ‘n noodtoestand af
Boer met mes aangeval
‘n Boer (58) van Neuklaagte naby Vryburg is tydens ‘n rooftog op sy plaas met ‘n mes aangeval, het polisie Woensdagaand gesê. “John Steyn, wat alleen op sy plaas bly, is Dinsdagaand deur twee mans aangeval,” het ao. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, gesê. Die mans het glo voorgegee dat hulle motor ‘n pap wiel gehad het
Swart teaterman uitgeskop oor Facebook-uitlatings
Beeld berig dat die Markteater in Johannesburg ‘n werknemer afgedank het omdat hy op Facebook geskryf het hy is moeg vir wit, veral Joodse mans. Matjamela Motloung, hoof van die Markteater se Laboratorium, is verlede maand afgedank ná rassistiese en anti-Semitiese opmerkings in Januarie. Hy het geskryf hy is moeg dat sulke mans swart kunstenaars
Lees verder: Swart teaterman uitgeskop oor Facebook-uitlatings
ANC of ANP?
Een van die grootste mistastings wat naïewe liberale bly koester, al is dit met toenemende desperasie, is dat Suid-Afrika ‘n normale, funksionerende demokrasie is. Soos nugterdenkendes egter almal al teen dié tyd weet, is dit eenvoudig nie waar nie. In ‘n normale demokrasie sou Homo Economicus, die mitiese wese wat in rasionele ekonomiese eiebelang optree,
Is jy ‘n vryheids-roofkyker?
As ek by ‘n Dokter instap met ‘n skeet of ‘n kwaal en hy gee my mediese raad om my van die probleem te verlos, dan is hy geregtig op vergoeding vir sy tyd en kennis. Indien ek betaling weerhou, dan “steel” ek letterlik by die mens. Hoeveel van ons is nie besig om ‘n
