Staatsamptenare woedend oor ‘militarisering’ mbv Kuba

Die Vereniging van Staatsamptenare gaan die departement van binnelandse sake dagvaar as gevolg van wat hulle beskou as ‘n poging om die departement te militariseer deur die werwing van lede van die weermag. Volgens hofstukke is die departement besig om ‘n ​​”sekuriteitsdepartement” te word, geskoei op ‘n samewerkingsooreenkoms wat met die Kubaanse regering onderteken is.

Lees verder: Staatsamptenare woedend oor ‘militarisering’ mbv Kuba

Bono sê Tutu ‘trap in Christus se spore’

Die Britte het die groot kannone gelaai vir Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu se 80ste verjaarsdag. Nie net is die Aartsbiskop van Kantelberg op pad na Suid-Afrika nie, maar glanspersoonlikhede in die Britse stal het op Kaapstad toegesak. Die Ierse musikant Bono het van die kansel van die St George’s Katedraal in Donderdag vir Tutu gesing.

Lees verder: Bono sê Tutu ‘trap in Christus se spore’

Afrika lanseer ruimteprogram in SA

Die kos op die tafel kan uiteindelik afhang van ons kennis van die ruimte. So sê Dr. Seidu Mohammed, direkteur-generaal van Nigerië se Nasionale Ontwikkelingsagentskap vir Ruimtenavorsing. Hy sê ontwikkelende lande sal in tegnologie moet belê omdat voedselsekuriteit daarop staatmaak. Afrika is ver agter wat tegnologiese vooruitgang betref nadat verskeie sulke programme wat onder die

Lees verder: Afrika lanseer ruimteprogram in SA

Wêreld treur oor Jobs se heengaan

Steve Jobs, die rockster van tegnologie, se heengaan word deur aanhangers, bekendes, politici en korporatiewe leiers soos die afsterwe ‘n pop-ikoon betreur. Jobs, ‘n aangenome kind, was die biologiese seun van ‘n Siriese Moslem-immigrant wat na die VSA gekom het. By Apple se hoofkwartiere, wat deur Jobs 1 Infinite Loop gedoop is, het ‘n klein

Lees verder: Wêreld treur oor Jobs se heengaan

Metropolisie met vals nommerplate vas

Drie beamptes van die Tshwane-metropolisie is Donderdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n motor met vervalste nommerplate gery het, het die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) gesê. Die drie metropolisiebeamptes – wat in volle uniform geklee was – het in ‘n privaatvoertuig gery toe hulle afgetrek is gedurende ‘n operasie op ‘n hoofpad buite Pretoria, het Ashref

Lees verder: Metropolisie met vals nommerplate vas

Het die Afrikaner ‘n bang volk geword?

Vir ‘n geruime tyd begin die frase “bang volk” al hoe meer in my kop draai as gevolg van die menings wat ek op alle gebiede waarneem. Ons mense wil nie die swartes aanstoot gee deur die waarheid te propageer nie; nou word die leuen aangehang en die waarheid verkrag op ‘n volstruismanier om by

Lees verder: Het die Afrikaner ‘n bang volk geword?