Twee uit elke 3 Noorweërs glo die land se media gee te veel dekking aan verlede jaar se bom- en skietaanvalle wat 77 lewens geëis het, volgens ‘n opname wat op Donderdag gepubliseer is. Die resultate is vrygestel net ‘n paar dae voordat Anders Behring Breivik, die man wat die dodelike aanvalle bely het, verhoor
Naamsveranderinge moet stop
“Dit is nou tyd dat die regering ‘n finale afsnydatum vir die verandering van stad-, dorp- en straatname bepaal,” was die reaksie van dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier op die minister van Kuns en Kultuur, mnr. Paul Mashatile, se standpunt dat in Junie ‘n finale besluit oor Pretoria se naam geneem sal word. By grond-
Marthinus jubel oor toeriste
Suid-Afrika se buitelandse toeriste mark het met drie persent gegroei tot meer as 8,3 miljoen in 2011, agv ‘n oplewing in Duitse en Asiatiese besoekers, het die minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk Donderdag in Kaapstad gesê. Die land het op ‘n verbeterde internasionale bewustheid gekapitaliseer na die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi, het hy gesê. “Terwyl Suid-Afrika
‘Goeie mens’ leef lank sê Zuma
‘n Mens sal tot die ouderdom van 70 leef as jy ‘n goeie mens is en jou vyande koester, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê. “Mense vra my wat ek doen om jonk te bly. Dis een ding alleen. Jy moet ‘n goeie hart hê; jy moenie mense haat nie,” het hy op sy 70ste
R5 miljard informeel uit SA na Zim
Zimbabwiërs in Suid-Afrika stuur jaarliks ongeveer R5 miljard huis toe, meestal deur informele roetes, het ‘n opname bevind wat Donderdag bekendgemaak is. Die Cape Times koerant het berig dat ongeveer 82% van dié geld op informele wyse deur vriende, bus- en vragmotorbestuurders uitgestuur word. Die meeste van die mense wat die geld op dié manier
Bob bons terug
Zimbabwe se president, Robert Mugabe, is springlewendig en gesond, en het met sy vrou, Grace, aan die hand by die trappe van ‘n privaatvliegtuig afgestap. Hy het vroeg Donderdag in sy tuisland aangekom om gerugte dat hy in ‘n hospitaal in Singapoer om sy lewe veg, te weerlê. Joice Mujuru adjunk-president en ander senior beamptes
Minister leef in ontkenning oor RA
Dit is duidelik dat die ANC, en spesifiek die minister van arbeid, me. Mildred Oliphant, in ontkenning leef aangaande die uitwerking wat regstellende aksie het op wittes. Die minister het in antwoord op ‘n parlementêre vraag deur die VF Plus geantwoord dat daar geen korrelasie bestaan tussen regstellende aksie en wit armoede nie. “Ons het
Polisie traag om teen ‘num-num’ op te tree
Twee konstabels is in hegtenis geneem nadat hulle met prostitute in hul polisievangwa betrap is, lui ‘n berig. Metro-polisiebeamptes van die honde-eenheid het Maandag omstreeks 01:00 na die voertuig in Clairwood, Durban, gestap en ‘n man op die voorste sitplek gesien met ‘n vrou wat gebuk op die vloer gesit het, het The Star berig.
Premier vergeet belofte aan bloulig-slagoffer
Gauteng se premier Nomvula Mokonyane het van ‘n vroeëre belofte aan die blou-ligslagoffer Thomas Ferreira om sy mediese koste te help dek, volgens ‘n berig Donderdag, vergeet. Mokonyane het oorspronklik aan Ferreira se ouers en die media gesê dat haar departement uitgawes sal help dek. Ferreira, 19, is van sy motorfiets afgestamp deur die voortsnellende
Aanklaer swig voor openbare druk oor Trayvon Martin
Te midde van verwoede openbare druk om die “moord” van Trayvon Martin te straf, het die spesiale aanklaer in die saak in Florida, VSA, Woensdag, ‘n moordaanklag teen die buurtwagvrywilliger wat die ongewapende swart tiener geskiet het, gelê. Die openbare veldtog om Zimmerman aan te kla is deur swart leiers en selfs deur pres. Obama
Lees verder: Aanklaer swig voor openbare druk oor Trayvon Martin
