Die Cape Times koerant het berig dat ongeveer 82% van dié geld op informele wyse deur vriende, bus- en vragmotorbestuurders uitgestuur word.
Die meeste van die mense wat die geld op dié manier uitgestuur het, het gevoel dit is geriefliker en nie so duur nie, alhoewel daar ‘n kans was dat hulle ingedoen kon word.
Die opname, wat deur People Against Suffering, Oppression and Poverty (Passop), gedoen is het bevind dat twee derdes van die familielede in Zimbabwe staatmaak op Suid-Afrikaanse geld om te oorleef.
Altesaam 350 Zimbabwiërs in De Doorns en Masiphumelele, in die Wes-Kaap het aan die studie deelgeneem.
David von Burgsdorff, program-koördineerder van Passop, het gesê hulle beplan om voorleggings aan die regering te doen wat tot voordeel van die immigrante asook die ekonomie kan wees.
