‘Goeie mens’ leef lank sê Zuma

‘n Mens sal tot die ouderdom van 70 leef as jy ‘n goeie mens is en jou vyande koester, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.

“Mense vra my wat ek doen om jonk te bly. Dis een ding alleen. Jy moet ‘n goeie hart hê; jy moenie mense haat nie,” het hy op sy 70ste verjaardag by Luthuli-huis in Johannesburg aan verslaggewers en personeel van die ANC gesê.

“Jy moet ‘n goeie mens wees al gebeur iets sleg. Jy moet jou vyande die beste geluk toewens… dan sal jy tot 70 leef.”

Mense het vir die president gesing en ‘n aantal bottels vonkelwyn oopgemaak om sy verjaardag te vier. Zuma het ook ‘n groot swart, groen en goue koek in die vorm van die getal 70 gesny.

Onder die vriende aan die president se sy was adj.pres. Kgalema Motlanthe, Nathi Mthethwa, minister van polisie, en die sekretaris-generaal van die regerende party, Gwede Mantashe.

Zuma het Luthuli-huis se personeel bedank. Hy het ook die media laggend bedank.

“Ons vriende, die media. Julle laat dinge gebeur. Sonder julle sal die lewe saai wees.”

Zuma het bygevoeg dat die Bybel die ouderdom van 70 as ‘n belangrike mylpaal beskryf.

“Wat belangrik is, is dat ek op 70 vol energie is. Ek het ‘n lang pad gereis, maar ek wil steeds ‘n verskil maak…”

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae