Metro-polisiebeamptes van die honde-eenheid het Maandag omstreeks 01:00 na die voertuig in Clairwood, Durban, gestap en ‘n man op die voorste sitplek gesien met ‘n vrou wat gebuk op die vloer gesit het, het The Star berig.
Die man het ‘n vuurwapen uitgeruk en oor die metro-polisiebeampte probeer ry voordat hy vinnig weggetrek het, waarna ‘n jaagtog gevolg het.
Nadat die voertuig tot stilstand gekom het en die vrou probeer vlug het, het die metro-polisiebeamptes ‘n waarskuwingskoot afgevuur en die bestuurder gelas om homself oor te gee.
Volgens die berig het die metro-polisiebeamptes daarna eers besef dat ‘n ander man saam met nog ‘n prostituut agter in die vangwa was.
Die konstabels is in hegtenis geneem en na ‘n polisiestasie geneem. Die beamptes by die stasie het egter geweier om die konstabels te registreer, omdat vrye seks met prostitute – wat in polisiekringe as “num-num” bekend staan – algemeen is.
‘n Dossier is eers twee dae later geopen.
