Die DA se fopswarte

Lindiwe Mazibuko is pas tot die nuwe parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie verkies. Ek gaan terloops nou nie juis vreeslike krokodiltrane huil omdat haar teenstander, Athol Trollip, die verkiesing verloor het nie, buiten om te wonder of sy aggressiewe jingo-haat vir diegene wat hy “idiots” noem, Afrikaners, nie bygedra het tot sy nederlaag nie.

Lees verder: Die DA se fopswarte

Malema-ondersteuners prys Gaddafi

ANC-jeugliga se adjunk-president Ronald Lamola het ondersteuners verseker dat daar nog beswaardes by hulle sal aansluit op die Beyers Naudé-plein in Johannesburg. Krete van “Viva Gaddafi!” het Donderdagoggend by die Jeugliga se opmars weerklink. Honderde optoggangers is vertraag vanweë vervoerprobleme. “Moenie vrees nie, die leierskap is hier. Daar is baie hekkies vir ons kamerade om hier

Lees verder: Malema-ondersteuners prys Gaddafi

Winnie, Malema en die boere

Winnie Madikizela-Mandela het president Jacob Zuma die skuld vir die dissiplinêre klagtes teen Julius Malema gegee. Madikizela-Mandela het Woensdag gesê die besluit om die ANC-jeugliga leier aan te kla was Zuma se keuse. Sy het getuienis by die verhoor by die Rand-stadion in Turffontein gelewer. Die vervolgingspan het nie vir Zuma of die ANC se sekretaris-generaal,

Lees verder: Winnie, Malema en die boere

Skoolinbrake is ‘nasionale krisis’

‘n Woordvoerder vir die departement van basiese onderwys, Panyaza Lesufi, het gesê diefstal uit skole is ‘n “nasionale krisis”. “Misdadigers sal enige ding – selfs muurhakies vir baadjies steel. In Gauteng is daar ‘n groot probleem met rekenaars wat gesteel word. “Huise en besighede word beveilig, sodat misdadigers skole teiken. Ons kan nie bekostig om

Lees verder: Skoolinbrake is ‘nasionale krisis’

Kamer van Mynwese vrees nasionalisering, nie optogte nie

Die Kamer van Mynwese sê hy is meer bekommerd oor die oproepe om die nasionalisering van myne as oor die ANC-Jeugliga se optogte vandag en môre in Gauteng. Die kantoor van die Kamer van Mynwese is die eerste plek waar die optoggangers sal aandoen. Die direkteur van die Kamer, dr Frans Barker sê beleggers sal

Lees verder: Kamer van Mynwese vrees nasionalisering, nie optogte nie

‘Ons is in die moeilikheid’

Suid-Afrika is op baie vlakke “in die moeilikheid”, het Cosato se hoofsekretaris Zwelinzima Vavi gesê. “Dit ly geen twyfel dat ons tans teen onsself baklei nie…en daar is ‘n poging deur die elite om almal stil te maak, selfs permanent stil te maak.” Hy het ook gesê dat regeringsamptenare te besig is met magspeletjies om

Lees verder: ‘Ons is in die moeilikheid’

Seksistiese T-hemde onttrek

‘n Mode-groep (TFG) het drie T-hemde met die woorde “stud”, “single” en “how to get laid” van die rakke onttrek omdat dit seksisties is, het die Cape Times Woensdag berig. Die T-hemde was bedoel om tong in die kies te wees, maar het aanstoot gegee aan sekere klante, het Kathryn Sakalis, kommunikasiebestuurder, aan die koerant

Lees verder: Seksistiese T-hemde onttrek

Rusie breek uit onder Statebondlidlande

Volgens die Australiese media is Suid-Afrika en Indië gekant teen die aanstelling van ‘n menseregtekommissaris vir die Statebond, berig RSG. Die gasheerland, Australië, steun die plan. Daar is egter groter onmin aan die broei onder lede van dié organisasie oor vorige menseregteskendings wat die Statebond geïgnoreer het en homoseksualiteit. President Jacob Zuma sal die beraad

Lees verder: Rusie breek uit onder Statebondlidlande

Malema, Botswana en Wikileaks

Botswana het die moontlikheid van ‘n Africombasis vier jaar gelede oorweeg, volgens WikiLeaks. Dié onthullings kan volgens die M&G ammunisie vir die ANC-jeugliga wees in die dissiplinêre verhoor teen die leier, Julius Malema en ander liga-amptenare. Malema word onder meer aangekla in verband met sy oproep vir regimeverandering in Botswana. Hy het ook president Ian

Lees verder: Malema, Botswana en Wikileaks