Ghana hits oil jackpot

Ghana’s president said Saturday that offshore oil reserves discovered in the West African country’s waters total 3 billion barrels.

"Ghana has struck oil in commercial quantities," President John Kufuor said, speaking at a ruling party congress in the capital, Accra. "This is only the beginning. The future is very bright indeed."

British-based oil explorer Tullow Oil PLC announced over the summer that it had had success with a well off the coast of Ghana. It gave no details at the time, saying only that it had discovered "a significant light oil accumulation" and was appraising it.

Tullow operates the Deepwater Tano license that covers the new stake, holding a 50 percent stake. Its partners are Kosmos Energy and a subsidiary of Anadarko Petroleum Corp., Sabre Oil & Gas and the Ghana National Petroleum Corp. Tullow also holds a 23 percent stake in the West Cape Three Points license, off Ghana.

Kufuor gave no other details.

Energy Minister Kofi Adda also declined to comment on the announcement, but told The Associated Press the find was part of the ongoing explorations involving Tullow in western Ghana.

варианты освещения прихожейлобановский александр фото

VSA se Kaspiese strategie misluk

Die VSA se steun aan planne om ‘n natuurlike gaspyplyn te bou wat Rusland d.m.v. ‘n alternatiewe roete sal omseil, het die wind van voor gekry. Wladimir Poetin het Donderdag ooreengekom om ‘n nuwe pyplyn aan te lê vanaf Turkmenistan en Kazakhstan in Sentraal-Asië. Die ondertekening van die ooreenkoms is op Russiese televisie uitgesaai.

"Die totstandkoming van hierdie nuwe energie-aar sal langtermyn, grootskaalse gas aan ons vennote lewer en is ‘n ernstige bydrae van ons lande aan die energiesekuriteit van Europa," het Poetin gesê nadat al drie lande wat voorheen deel van die ou Sowjet-unie gevorm het, die ooreenkoms onderteken het. Die voorlopige gesprekke oor die Kaspiese pyplyn wat gasvoorsiening met 40% sal verhoog was in Mei reeds afgehandel.

Maar die finale ooreenkoms is toe uitgestel omdat Turkmenistan en Kazakhstan eers ‘n Amerikaanse plan om ‘n verbinding onder die Kaspiese See te bou, wou oorweeg. Die Amerikaanse roete sou Gazprom se monopolie van gasuitvoere na Europa beëindig het. Hulle het egter daarteen besluit. Die nuwe pyplyn sal jaarliks 20 miljard kubieke meter gas voorsien en sal voor 2011 in werking gestel word het die Russiese minister van energiesake, Viktor Khristenko, gesê.

"Dit is baie positief vir Rusland en Gazprom want in die afsienbare toekoms sal hulle gasuitvoere vanuit Senrtaal-Asië beheer," het Steven Dashevsky van UniCredit Aton in Moskou beaam. "Dit is ‘n duidelike terugslag vir die Weste want daar is steeds geen alternatiewe roetes vir Sentraal-Asië se gas nie." ‘n Woordvoerder van die Amerikaanse State Department het gesê dat die pyplyn Turkmenistan sal help om ‘n kontraktuele las te verlig en dat die VSA dit nie as ‘n terugslag beskou nie. Hy wou egter anoniem bly.

Daar is altyd nog ‘n moontlikheid dat markkragte bykomende roetes kan vereis en ‘n trans-Kaspiese verbinding kan dan weer oorweeg word soos nuwe olievelde en nuwe markte die lig sien, het die anonieme woordvoerder voortgegaan. Gazprom voorsien Europa van 25% van sy gasbehoefte, maar wil dit opstoot deur twee nuwe gaspyplyne na die EU.

Alhoewel Rusland oor die wêreld se grootste gasreserwes beskik, maak dié land nietemin staat op invoere uit Sentraal-Asië om vir die dalende produksie van Siberië se gasvelde te vergoed. Die EU en die VSA het sedert Februarie talle afvaardigings na Turkmenistan gestuur ná die verkiesing van president Gurbanguly Berdymukhammedov wat sy land vir buitelandse beleggers oopgestel het. Turkmenistan was die afgelope 15 jaar, tot die afgelope stemmery, geslote vir buitelandse beleggings. Die land is die tweede grootste gasprodusent van die ou Sowjetblok en lê tussen Iran en Kazakhstan.

Die Weste wou met ‘n suidelike korridor ‘n ondersese pyplyn via Turkye na Europa aanlê om Rusland uit te sny. "Europa weet nou beslis hulle gaan die energie wat hulle nodig het van geen ander plek as Rusland kry nie" het Chris Weafer, hoofstrateeg van UralSib Financial Corp. in Moskou, gesê. "Die nuwe Kaspiese pyplyn sal ‘n beter vlak van pragmatisme in verhoudinge tussen die EU en Rusland tot gevolg hê as Poetin volgende jaar sy amp verlaat."

casino online noлобановский александр интервью

Franse TV toon Afrikaners met gewere

Image

‘Monsieur S?curit?’

Direk na ʼn berig oor Jacob Zuma se verkiesing as ANC-president, het die Franse staatstelevisiekanaal, France 2, Donderdagaand ʼn insetsel aan miljoene kykers getoon waarin Afrikaners selfverdedigingsopleiding teen geweldsmisdaad ondergaan.

Anders as twintig jaar gelede, is die berig geensins deur anti-Afrikaanse of anti-blanke sentiment gekleur nie. In die geheel bied dit ʼn positiewe blik op pogings van Afrikanerboere en –stedelinge om hulself teen geweldsmisdaad te beveilig. Die insetsel fokus op ʼn elfjarige dogtertjie, Angelique, wat opleiding met pistole en gewere ondergaan uit vrees dat sy aangeval sal word.

Ter inleiding word vermeld dat een miljoen blankes reeds die land sedert 1994 verlaat het, hoofsaaklik as gevolg van misdaad. Tydens ʼn onderhoud met mnr. Gideon Meiring van TLU-veiligheid word hy voorgestel as “Monsieur Sécurité” en toegelaat om Afrikaans te praat wat dan in Frans getolk word. Meiring stel dit onomwonde dat die een aspek van die ou Suid-Afrika wat mens deesdae mis, die handhawing van wet en orde is.

Image

David Pujadas

ʼn Dame vertel ook dat mens deesdae nie meer die polisie in Suid-Afrika kan vertrou nie en dat sy “baie bang” is as sy deur hulle voorgekeer word. Aan die einde van die insetsel skiet die elfjarige dogtertjie met ʼn AK-47.

France 2 is die nasionale kanaal van die Franse staatstelevisiediens. Volgens die jongste beskikbare syfers wat in Frankryk gepubliseer is, kyk ongeveer 5,3 miljoen mense elke aand na die TV-nuusbulletin wat om 20.00 deur die nuusleser David Pujadas aangebied word.

игр для девочокФільчаков Олександр Васильович

Veertien vegvliegtuie…

Image

Gedaan en rewolsion?r

Terwyl die Libiese leier tans in Spanje ontvang word en daar sprake van verdere lukratiewe ooreenkomste tussen Spanje en Libië is, het dit in Frankryk aan die lig gekom dat die "rewolusionêre gids" ‘n gereelde dwelmgebruiker is. Die satiriese koerant, die Canard Enchaîné het onthul dat Kadhafi kokaïene snuif en die "gids" het klaarblyklik nie afgesien van sy nare gewoonte tydens sy vyfdaagse staatsbesoek aan Frankryk nie.

Image

Die limo, die ligte en die tent

Die koerant haal ‘n bron aan wat vir die Franse binnelandse geheimediens werk wat voorts beweer dat Kadhafi se stommiteite gedurende die besoek aan sy verslawing toegeskryf kan word. Die Libiese diktator het, behalwe sy tentmanewales, ook vir Sarkozy in die verleentheid gestel nadat hy ontken het dat die twee oor menseregteskendings in Libië gesels het.

"Waarom brand jeugdiges motors?" en "Word hulle dan sleg behandel?" was die ander vrae deur die besoekende Libiese staatshoof wat vir heelwat ongemak gesorg het. Kennelik was die gashere nie bedag op sulke direkte belangstelling nie. Sarkozy het egter nooit laat blyk dat die gas se spraaksaamheid en vreemde maniere hom verontrief nie en die geskiedkundige besoek verduur.

 
Verlede maand nog was daar spanning toe Franse vakansiegangers in Libië opgehou is omdat hul paspoorte nie in Arabies vertaal is nie. ‘n Nuwe wet in Libië vereis dat alle paspoorte ook van ‘n vertaling voorsien moet wees. Dié kwessie is ook deur die Franse verswyg.

Die personeel en bykomende veiligheidsmaatreëls wat ingespan moes word vir die besoek was enorm want Kadhafi het allerlei versoeke gehad betreffende sy vervoer en natuurlik die tuin van die regeringsgebou, die Hotel Marigny, wat tot Libiese grondgebied verklaar is en waar sy tent staangemaak is vir die duur van die besoek.

Frankryk het se sukkelende wapenbedryf het nietemin ‘n hupstoot gekry met die nuwe vriendskapsbande wat gesmeë is. Onder andere is 35 helikopters, 21 Airbusse en 14 Rafale-vegvliegtuie by die snuiwende Kolonel se inkopielysie gevoeg. Daarbenewens gaan Frankryk ‘n lughawe vir Libië bou en kernaanlegte is ook in die vooruitsig gestel. Opposisiepartye meen die bedrae wat Sarkozy se regering noem is nie naastenby wat werklik ooreengekom is nie.

домашние тапочки для мальчика купитьлобановский александр досье

Uit die bloute…

Dat die EU probleme ondervind met onwettige immigrante is gewis. Duisende Afrikane verdrink jaarliks om die kus van Europa in tuisgemaakte of lendelam skuitjies en vlotte te haal om voordeel te kan trek uit die sosiale toegifte wat die Unie bied.

Maar niemand het verwag dat dit uit die lug sou val nie. Die oorskot van ‘n mens met ‘n "donker vel" is Donderdagoggend deur twee werknemers van ‘n filmmontagemaatskappy ontdek in Soisy-sous-Montmorency (Val-d’Oise), Frankryk. Die liggaam is waarskynlik dié van ‘n onwettige immigrant wat uit ‘n vliegtuig geval het.

Die luggebied bó Soisy-sous-Montmorency word deur vliegtuie na Roissy Charles de Gaulle gebruik. Die Brandweerdiens het dadelik by hul aankoms op die toneel vasgestel dat die liggaamstemperatuur van die dooie 29 grade is wat daarop dui dat die man nog lewendig moes gewees het toe hy uit die vliegtuig geval het. Die twee werknemers ly aan erge skok omdat hulle blootgestel is aan die gesig van die man se oorblyfsels wat oor ‘n area van 50m2 versprei was.
‘n Ondersoek sal gelas word om die presiese oorsake van die dood vas te stel. Die identiteit van die persoon is nog nie bekend nie. Dit is ook nie bekend uit watter vliegtuig die slagoffer geval het nie, maar dit het waarskynlik gebeur omdat die man onder in die vliegtuig versteek was omdat dit die enigste plek is waar daar plek vir klandestiene passasiers is. Toe die wiele vir landing ontplooi is, het hy waarskynlik uitgeval.

slot games with bonusалександр лобановский харьков класс

British Council nekomgedraai

Die Russe het die British Council versoek om al hul streekskantore in Rusland te sluit. Die Russiese ministerie van buitelandse sake het in ‘n verklaring gesê dat dié instelling onwettig in Rusland werk en Russiese belasting- en ander wette en die Weense Konvensie van 1963 oortree. Die ministerie het die kantore in Ekaterinburg en St. Petersburg gesluit verklaar vanaf 1 Januarie 2008.

Die Britte het met uiterste verontwaardiging gereageer op die aankondiging en gesê die sluiting is verregaande. ‘n Segspersoon vir die Britse ambassade in Moskou het verklaar dat "die Council ‘n nie-politieke kultuurorganisasie is" wat "mense help" om Engels te leer. Hy het ook gewaarsku dat Rusland se optrede "in stryd is met internasionale reg". James Kennedy, direkteur van die British Council in Rusland, het beaam dat die besluit nie geregverdig kan word nie en dat die Council sedert 1994 in Rusland is danksy ‘n bilaterale kultuurooreenkoms tussen die twee lande.

Rusland volg die voorbeeld van Belarus wat in 2000 die laaste British Council kantoor in dié land gesluit het. Gemaskerde belastingpolisie, geklee in swart, het reeds drie jaar gelede op die Council se hoofkantoor in Moskou toegesak en betogings is verlede week voor die Britse ambassade gehou, terwyl die Britse ambassadeur, Tony Brenton, gereeld lastig geval word.

In Augustus verlede jaar het die Kremlin besluit om die BBC se FM-uitsaaifrekwensie op te skort vanweë anti-Russiese propaganda wat die diens klaarblyklik aanhoudend uitgesaai het. In die lig van die besluit om die British Council se aktiwiteite ook in te perk, is dit duidelik dat die aanstaande president, Dmitri Medvedev, nie beplan om gou ‘n einde te maak aan die gespanne verhoudinge wat tussen Rusland en Brittanje heers nie.

‘n Russiese woordvoerder van buitelandse sake het gesê dat die Council se werkswyse "abnormaal" is omdat dit vanuit Britse konsulate in Rusland bedryf word. Hy het bygevoeg dat dit in stryd is met die Weense Konvensie wat konsulêre bedrywighede reël. Denis MacShane, eertydse Britse minister vir Europa, het gesê dat die British Council nog lank ná die huidige Russiese politieke leiers se vertrek sal bly bestaan. Of dit só sal wees, sal net die toekoms leer aangesien al 15 streekskantore gesluit gaan word en selfs die Russiese personeel die trekpas gaan kry.

детская железная дорога киевДанильченко Юрий Брониславович

Mugabe stuur Merkel in haar peetjie

ImageLissabon – ʼn Uitdagende Robert Mugabe het die Europese leiers Sondag vertel dat hy geen lesse wil ontvang oor hoe om Zimbabwe te regeer nie, in antwoord op die Duitse kanselier, Angela Merkel, en ander EU-leiers se beskuldigings dat hy menseregte in sy land vertrap.

Mugabe het oudergewoonte sy vuis uitdagend in die lug gesteek en breed geglimlag toe hy gevra is watter boodskap hy vir Europa het op die tweede en laaste dag van die EU-Afrika-spitsberaad.

“Wat menseregte en goeie regering betref, bepaal Afrika sy eie beleid, uit eie vrye wil,” het Zimbabwe se omstrede president gesê, soos hy aangehaal is deur twee EU-diplomate wat na sy toespraak geluister het tydens die eerste Euro-Afrika-spitsberaad in sewe jaar.

Die Weste en menseregtegroepe het Mugabe beskuldig van wydverspreide menseregteskendings en dat hy sy land se ekonomie geruïneer het, maar hy word deur baie in Afrika as ʼn held beskou.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het gepoog om tussen die Zimbabwiese se regering en die opposisie te bemiddel.

Die eerste minister van Brittanje, Gordon Brown, het die vergadering uit protes teen Mugabe se deelname geboikot en die Duitse kanselier Angela Merkel het die spitsberaad Saterdag uitgedaag om die menseregtevergrype in Zimbabwe aan te spreek toe sy gesê het: “Die situasie in Zimbabwe rig skade aan die beeld van die nuwe Afrika aan.”

Maar Mugabe is soos volg deur EU-diplomate aangehaal: “Dink die Duitse kanselier en die ander pro-Gordon Brown-mense werklik hulle weet beter as SAOG en die Afrika-unie, ons moet hierdie vermetelheid beveg.”

Vorige pogings om ʼn spitsberaad tussen die wêreld se grootste handelsblok en sy armste kontinent te hou, het misluk omdat Brittanje en sekere EU-state geweier het om dit te by te woon indien Mugabe uitgenooi sou word, terwyl Afrikaleiers gesê het hulle sal nie kom as Mugabe weggewys word nie.

Volgens Mugabe is die EU se “arrogansie”, en nie Zimbabwe nie, te blameer vir die oponthoud in die reël van die spitsberaad.

“Diegene wat van gelykheid praat, het gepoog om hul eie wil op Afrika af te dwing en het saamgeflanste klagtes teen Zimbabwe gelê,” het Mugabe gesê.

“Ons ken ons verantwoordelikhede; ons hoef nie lesse oor vrede en veiligheid te ontvang nie,” het hy bygevoeg.

Die EU se hoof van buitelandse beleid, Javier Solana, het weereens nadat Mugabe gepraat het sy kommer oor dié kwessies uitgespreek. “Die EU is bekommerd oor die verslegting van die ekonomiese, humanitêre en politieke situasie in Zimbabwe,” het Solana aan die Europese en Afrikaleiers gesê. “Na ons mening, is die verslegting die gevolg van ʼn krisis wat goeie regering betref,” het hy gesê.

Die president van die Europese Kommissie, Jose Manuel Barroso, het aan ʼn nuuskonferensie aan die einde van die spitsberaad, verwysende na Mugabe, gesê dat hy nie kan verstaan waarom diegene wat vir die vryheid van hul land geveg het wel vryheid aan hul eie mense weier nie.

Mugabe het alle plase wat aan blankes behoort gekonfiskeer tydens sy “grondhervorming” en volgens die opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, verkiesingsbedrog in die vorige verkiesing gepleeg. Aanstaande jaar word daar weereens in Zimbabwe verkiesing gehou en Mugabe is reeds besig om die opposisiegroepe te onderdruk, luidens die BDV.

турецкая баня ценаtopcargo развод

Johan Botha, ‘n triomf in Wene

Image

Johan Botha

Die Weense Staatsopera het pas begin met ’n grootse poging om Richard Wagner se Der Ring des Nibelungen oor ’n periode van twee jaar op te voer. Die première van Die Walküre het die afgelope naweek plaasgevind.  Nog selde was daar soveel spanning en afwagting voor die première van ’n opera opvoering. Franz Welser-Möst was die dirigent en Sven-Eric Bechtolf verantwoordelik vir die regie. Johan Botha, wat die hoofrol van Siegfried gesing het, is Saterdagaand staande toegejuig.

Kanselier Gusenbauer en die Weense elite het almal Saterdag se opvoering bygewoon. Der Ring des Nibelungen is een van die grootste uitdagings wat ’n operahuis kan onderneem. Nina Stemme (Sieglinde), Eva Johansson (Brünnhilde) en Juha Uusitalo (Wotan) het saam met Botha gesing.

Saterdag se première het wonderlik begin. Johan Botha en Nina Stemme het hulleself in die eerste bedryf oortref en is albei tydens die eerste pouse minute lank staande toegejuig.

Daar was egter ook onverwagte drama toe Juha Uusitalo, wat die rol van Wotan gesing het, se stem in die tweede bedryf begin verdwyn het. Hy het al sagter gesing en die gehoor het hom begin uitjou. Voor die begin van die derde bedryf het Holender, direkteur van die Staatsoperahuis, en dirigent Welser-Möst op die verhoog verskyn en om verskoning gevra. Uusitalo se stemprobleme is aan ’n slegte verkoue toegeskryf. “Sangers, dokters – en ook operadirekteure – is maar net mense,” het Holender verskonend afgesluit.

Die opera het voortgegaan. Intussen is die Duitse sanger, Oskar Hillebrandt, wat besig was om ’n pizza elders in Wene te eet, inderhaas op sy selfoon gekontak en gevra om vir die stomme Uusitalo in te staan. Uusitalo was steeds op die toneel en het gemaak of hy sing, maar in die orkesruimte het Hillebrandt in sy aandpak die res van die aand al die sangwerk gedoen.

Volgens regisseur Bechtolff is die konflikte wat in Der Ring uitgebeeld word argetipiese menslike konflikte en dus nie ver verwyderd van ons kontemporêre wêreld nie. “Dit is die verhaal van die mensdom: wie is ons, hoe moet ons lewe en waarheen is ons op pad?”

Dit is die sesde keer dat die Weense Staatsoperahuis Wagner se hele Ring opvoer. Die Walküre is vir die eerste maal in 1877 daar opgevoer. In 1879 het hulle die siklus afgesluit met die Götterdämmerung.

Johan Botha, wat in 1965 in Rustenburg gebore is, het al op die ouderdom van 13 begin sing. Hy het in 1990 vir die eerste keer in die buiteland opgetree en het in Februarie 1996 sy debuut in die Weense Staatsoperahuis gemaak. In Junie 2003 het hy die jongste Kammersänger ooit geword. Hy tree oral in Europa en die VSA op. Hy beskik oor ’n geweldige repertoire en het al saam met die beroemdste dirigente in die wêreld opgetree.

смесиФильчаков прокуратура харьков

Sarkozy se eierdans

Image

‘n Delikate verhouding

Die Franse president is tans op ’n amptelike besoek in Algerië. Hy het gister in ’n toespraak voor Franse en Algerynse sakelui die koloniale stelsel van die verlede as “uiters onregverdig” bestempel. Hy het kolonialisme verder beskryf as ’n sisteem wat “in stryd staan” met die Franse beginsels van vryheid, gelykheid en broederskap.

 
Hy het egter beklemtoon dat daar binne hierdie stelsel vele Franse burgers was wat baie geheg was aan Algerië voor hulle die land moes verlaat. Die Algerynse onafhanklikheidsoorlog het “ontelbare slagoffers” aan beide kante meegebring. “En vandag wil ek, wat in 1962 sewe jaar oud was, al hierdie slagoffers gedenk,” het die president gesê.

 
Sarkozy het verder bevestig dat Frankryk vandag kontrakte ter waarde van meer as vyf biljoen Euro met Algerië sal onderteken. Sowat 100 Franse sakemanne vergesel die Franse president tydens hierdie staatsbesoek. Die kontrakte handel hoofsaaklik oor die oprigting van moderne infrastruktuur soos die bou van tremstelsels, werk aan die moltreinstelsel van Algiers, die bou van paaie en spoorweë, asook fabrieke, damme en kragsentrales. Daar sal verder ’n ooreenkoms geteken word ten opsigte van samewerking oor kernkrag.

Die Franse president het Algerië se stryd teen “barbaarse terrorisme” die afgelope paar jaar in hulle eie land geloof en gesê dat “elke vorm van rassisme, Islamhaat en anti-Semitisme" beveg moet word. Vir hom is Islamhaters en anti-Semiete ewe dom en haatdraend. “Die Algerynse regering se oorwinning oor terrorisme is ’n groot sukses vir ons almal, want ’n Taliban-regering in Algiers sou nie net ’n tragedie vir Algerië gewees het nie, maar ook ’n katastrofe vir al die lande rondom die Middellandse see,” het die Franse president vervolg.

Hierdie is Sarkozy se sewende besoek aan Algerië en reeds die tweede amptelike besoek sedert hy vroeër vanjaar president van Frankryk geword het. Verhoudinge tussen die twee lande was nog altyd delikaat, veral sedert onafhanklikheid in 1962. Kort voor Sarkozy se aankoms hierdie week het die Algerynse minister verantwoordelik vir die welsyn van oud-soldate, Mohammed Chérif Abbas, vir verleentheid gesorg toe hy na Sarkozy se Joodse herkoms verwys het.

Volgens hom was dit “die Joodse lobby” aan wie Sarkozy sy verkiesing as president te danke had. Hierdie uitspraak van die Algerynse minister het hewige reaksie in Frankryk uitgelok en organisasies soos die Bond van Menseregte het ’n beroep op Sarkozy gedoen om sy besoek aan Algerië af te stel. President Bouteflika het sy minister egter tereggewys en Sarkozy telefonies verseker dat Abbas se uitspraak “glad nie” die Algerynse standpunt verteenwoordig nie. Die Franse president het gevolglik besluit om met sy besoek voort te gaan.

Sedert oud-president Jacques Chirac in 2005 wetgewing ingevoer het wat “die positiewe rol van kolonialisme” sou uitlig (dit is sedertdien gekanselleer) het ’n groepie Algerynse politici aangehou om “verskonings” van Frankryk te eis.

Sarkozy sal later vandag Algerynse studente toespreek. Hy sal ook die Romeinse ruïnes  van Tipaza besoek, sowat 70 km wes van Algiers. Die Franse skrywer Albert Camus was baie lief vir hierdie dorpie. Daarna sal hy ’n gedenksteen vir Algeryne, wat tydens die onafhanklikheidsoorlog van die vyftigerjare die lewe gelaat het, besoek. Sarkozy keer môre na Frankryk terug.



jackpot 6000Фільчаков прокурор

Gesogte Duitse prys aan Tutu

Image

‘Rooi Heidi’ en Nujoma

Nie alleen bevorder die Duitse minister wat bekend staan as "Rooi Heidi", Heidemarie Wieczorek-Zeul, grondhervorming in Namibië omdat die verspreiding van eienaarskap daar volgens haar "ongelyk" is nie, maar sy bevorder ook "wêreldvrede". Vir elkeen wat onderlê is in ou Koue Oorlog-terme, moet haar woorde bekend klink, so asof sy uit die ou Sowjetunie ontsnap het.

Wieczorek-Zeul beskou ook die Anglikaanse Tutu as "’n simbool vir vrede en geregtigheid in die wêreld". Die Zeit het pas aan Desmond Tutu ‘n gesogte Duitse prys oorhandig, naamlik die Marion Doenhoff-Prys vir Internasionale Versoening en Begrip. Doenhoff was ‘n bekende en gerespekteerde Duitse joernalis en mede-uitgewer van Die Zeit tot en met haar dood op 92-jarige ouderdom in 2002. Tutu het die prys Sondag in ontvangs geneem.

Maandag sal hy saam met FW de Klerk in Berlyn optree wanneer ‘n yslike granietblok uit Suid-Afrika onthul sal word ter bevordering van "wêreldvrede". Die toekenning aan Tutu is des te meer eienaardig omdat die rol van die Anglikaanse Kerk in die aanstigting van terreur teen wit teikens welbekend is, uit die St. Pauluskatedraal geloods is en in detail op ANC Today behandel word.

 

комбинезоны осень для малышаtopcargo отзывы