praag.co.za

Veertien vegvliegtuie…

Image

Die limo, die ligte en die tent

Die koerant haal ‘n bron aan wat vir die Franse binnelandse geheimediens werk wat voorts beweer dat Kadhafi se stommiteite gedurende die besoek aan sy verslawing toegeskryf kan word. Die Libiese diktator het, behalwe sy tentmanewales, ook vir Sarkozy in die verleentheid gestel nadat hy ontken het dat die twee oor menseregteskendings in Libië gesels het.

"Waarom brand jeugdiges motors?" en "Word hulle dan sleg behandel?" was die ander vrae deur die besoekende Libiese staatshoof wat vir heelwat ongemak gesorg het. Kennelik was die gashere nie bedag op sulke direkte belangstelling nie. Sarkozy het egter nooit laat blyk dat die gas se spraaksaamheid en vreemde maniere hom verontrief nie en die geskiedkundige besoek verduur.

 
Verlede maand nog was daar spanning toe Franse vakansiegangers in Libië opgehou is omdat hul paspoorte nie in Arabies vertaal is nie. ‘n Nuwe wet in Libië vereis dat alle paspoorte ook van ‘n vertaling voorsien moet wees. Dié kwessie is ook deur die Franse verswyg.

Die personeel en bykomende veiligheidsmaatreëls wat ingespan moes word vir die besoek was enorm want Kadhafi het allerlei versoeke gehad betreffende sy vervoer en natuurlik die tuin van die regeringsgebou, die Hotel Marigny, wat tot Libiese grondgebied verklaar is en waar sy tent staangemaak is vir die duur van die besoek.

Frankryk het se sukkelende wapenbedryf het nietemin ‘n hupstoot gekry met die nuwe vriendskapsbande wat gesmeë is. Onder andere is 35 helikopters, 21 Airbusse en 14 Rafale-vegvliegtuie by die snuiwende Kolonel se inkopielysie gevoeg. Daarbenewens gaan Frankryk ‘n lughawe vir Libië bou en kernaanlegte is ook in die vooruitsig gestel. Opposisiepartye meen die bedrae wat Sarkozy se regering noem is nie naastenby wat werklik ooreengekom is nie.

домашние тапочки для мальчика купитьлобановский александр досье

Comments

Leave a Reply