Polisie wat man doodslaan, intern verhoor

Vyf polisiebeamptes van Limpopo wat daarvan aangekla is dat hulle ‘n Nigeriese man doodgeslaan het, sal binnekort intern dissiplinêr verhoor word, het die polisie Dinsdag gesê. “Die verhoor sal binnekort begin,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê. Een van die polisiemans, Clement Tsotsane, is Dinsdag borgtog deur die Polokwane-landdroshof geweier. Hy sal Woensdag saam met die

Lees verder: Polisie wat man doodslaan, intern verhoor

Jeugliga gooi ontlasting voor Zille-toespraak

Die ANC-jeugliga het hom sterk uitgespreek teen opruiende gedrag deur sommige van sy lede in die Wes-Kaap, berig RSG. In die jongste voorval is menslike ontlasting by ‘n saal in Khayelitsha uitgegooi waar die Wes-Kaapse premier, Helen Zille ‘n “110% Groen”-veldtog bygewoon het. Minstens twee betogers is in hegtenis geneem. Die liga sê hy het

Lees verder: Jeugliga gooi ontlasting voor Zille-toespraak

Werklose jeugdiges kan SA destabiliseer

“Die jeug in Suid-Afrika word baie hard getref deur die effek van groeiende werkloosheid en dit kan in die afsienbare toekoms tot uitbarsting kom indien daar nie oplossings gevind word en werkgeleenthede geskep word nie,” sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake. Adv. Alberts het in ‘n toespraak in

Lees verder: Werklose jeugdiges kan SA destabiliseer

Wanneer ekonomie die politiek oorskadu

Soos die meeste van ons al ondertussen weet, is Afrikaners die voorlopers onder die Westerse volkere wat moet toesien hoe ons lewenswyse en kultuur die onderspit moet delf ter wille van ander moonthede se belange. Anders as wat die radikale vryheidsprofete ons na die Tweede Wêreldoorlog voorgehou het, is mense uiteindelik nie so universeel geörienteerd

Lees verder: Wanneer ekonomie die politiek oorskadu

Jonathan Jansen vereer vir Afrika-onderwys

Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, professor Jonathan Jansen het in New York die Afrika-toekenning vir sy lewenslange bydrae tot onderwys ontvang. Hy is vereer vir sy buitengewone werk “wat gehelp het dat Suid-Afrika uitgestyg het bo sy verlede”. Vorige ontvangers sluit in Sir Bob Geldof, sir Richard Branson, emeritus aartsbiskop Desmond Tutu

Lees verder: Jonathan Jansen vereer vir Afrika-onderwys

NUM-leier geskiet

‘n NUM-leier is doodgeskiet en ‘n ander gewond by ‘n Lonmin Platinum-myn in Suid-Afrika, sê die vakbond. Dodelike geweld, onwettige stakings en binnegevegte teister Suid-Afrika se platinumgordel sedert verlede jaar. Die geweld kom te midde van verhoogde spanning na ‘n reeks dodelike aanvalle op die platinum-myn. Die plaaslike skagleier “is dood voor die uniekantore,” het

Lees verder: NUM-leier geskiet

Aanvallers laat vrou vir dood

Swart aanvallers in Bloemfontein het ‘n vrou vir dood agtergelaat nadat hulle haar twee keer met ‘n mes of skroewedraaier gesteek het. Die voorval het by die gewilde Loch Logan-waterfront plaasgevind, het Volksblad Maandag berig. Lauré Amicke van Rensburg (21), het vanaf die Waterfront na die nabygeleë Protea-hotel Willow Lake geloop toe die aanvallers haar

Lees verder: Aanvallers laat vrou vir dood

SAMRK ondersoek skool waar Malema-foto langs een van aap hang

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gaan bewerings van rassisme by ‘n Vrystaatse skool ondersoek. “Daar was klagtes dat sommige leerders kaffers genoem is,” het Isaac Mangena, woordvoerder, Maandag gesê. Die ou Suid-Afrikaanse vlag en ‘n foto van Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, hang glo langs dié van ‘n aap op ‘n klaskamermuur. Die SAMRK

Lees verder: SAMRK ondersoek skool waar Malema-foto langs een van aap hang